WAP Groups
Download Free Apps & Games @ PHONEKY.com

OUBAAS - Topics
Create Your Own App Store

* OUBAAS > Topics


Subject: vriendskap
Replies: 12 Views: 1707

oubaas 2.06.09 - 10:36pm
Vriendskap is soos die natuur *

oubaas 2.06.09 - 10:37pm
. Vriendskap is soos die natuur. Soms waai ons by mekaar verby sonder om te stop en te vra hoekom die ander so verkreukel lyk. Die lewe se wind dra ons weg met 'n oppervlakkige Goed dankie en Sien jou later. Soms sien ons eers baie later die rypskade aan die ander se brose binneste en wonder ons hoekom het ons nie al lankal gevra nie. Soms sien ons net die lentekleur raak op 'n gesig en is ons nie eers bewus van die wurm wat aan sy/haar binneste vreet nie. *

oubaas 2.06.09 - 10:37pm
Soms wonder ons of dit net die wind is wat hom/haar wegbuig van ons af en of dit dalk die stingeltjie self is wat sy stokstywe ruggie op jou draai. *

oubaas 2.06.09 - 10:37pm
Pluk iemand vir ons 'n ruiker uit God se tuin, wriemel ons weg van mekaar. Roos se dorings steek te seer en papawer wil mos langs niemand wees nie. *

oubaas 2.06.09 - 10:38pm
Koringblommetjie kruip weg van skaamte oor haar kartelhoede en hibiskus wonder of almal weet van haar verlede. *

oubaas 2.06.09 - 10:38pm
Intussen vergeet ons dat die Here afkyk op sy tuin en net pragtige blomme sien. *

oubaas 2.06.09 - 10:38pm
Almal is ewe mooi, ewe kosbaar, ewe goed in Sy oe. *

oubaas 2.06.09 - 10:39pm
VERGEWE MY as ek op 'n wintersoggend nie vir jou 'n trooskombersie van woorde wou oorgooi teen die rypskade nie. *

oubaas 2.06.09 - 10:39pm
. VERGEWE MY as ek op 'n lenteoggend selfsugtig met my eie nuwe blare loop en spog het en nie die kneusplekkies aan jou stingeltjie gesien het nie. *

oubaas 2.06.09 - 10:40pm
VERGEWE MY as ek op 'n warm somersdag nie vir jou 'n tydjie gemaak het nie, omdat ek te besig was, selfs te veel gekla het, te haastig was om aan jou die koelte van my vrienskap te bied. *

oubaas 2.06.09 - 10:40pm
Weet dus dat ek daar is vir jou! *

oubaas 2.06.09 - 10:41pm
Bron onbekend *

gawie 22.04.12 - 02:52pm
Terug na facebook / Back to facebook: http://m.facebook.com/groups/57350209896?refid=0&m_sess=1hGzi8-oQDws_Fa *


* Reply
* OUBAAS Forum


Search:
topics replies


* OUBAAS

Create Your Own App Store

topTop
groupsGroups
mainProdigits

Custom Search


Create Your Own App Store