WAP Groups
Download Free Apps & Games @ PHONEKY.com

OUBAAS - Topics
Create Your Own App Store

* OUBAAS > Topics


Subject: Vergifnis
Replies: 12 Views: 1478

oubaas 4.04.09 - 10:05pm
Hierdie is 'n brief wat aan 'n man geskryf is in die dodesel. Dis geskryf deur die Vader van die man wat deur die gevangene gedood is. *

oubaas 4.04.09 - 10:06pm
Jy is sekerlik verras om 'n brief van my te ontvang, ek van alle mense, skryf 'n brief aan jou, maar ek vra dat jy alles sal lees, en dan my versoek versigtig sal oorweeg.. As die Vader van die persoon wie jy help vermoor het, het ek iets ontsettend belangrik om aan jou te se: *

oubaas 4.04.09 - 10:06pm
Ek vergewe jou! Ek vergewe jou met my hele hart. Ek hoop net dat jy my glo en dat jy my vergifnis sal aanvaar. *

oubaas 4.04.09 - 10:07pm
Dis ook nie al wat ek vir jou wil se nie, ek wil aan jou 'n aanbod maak, 'n aanbod wat ek regtig hoop en vertrou jy nie sal weier nie. Ek wil jou vra of ek jou nie wettiglik kan aanneem as my eie kind nie. Jy sien die Seun van my wat jy doodgemaak het, was my enigste kind, nou wil ek graag my lewe met jou deel en al my rykdom aan jou nalaat. Dit mag miskien nie vir jou of enige iemand anders nou enige sin maak nie, tog di*nk ek jy is dit werd.. Ek het my sake so gereel , dat indien jy van my vergifnis aanvaar, jy nie net van die misdaad vrygespreek sal word nie, maar dat jou vonnis van doodstraf opgehef sal word.. Sodra dit afgehandel is word jy my wettige aangenome kind, en die erfgenaam van al my rykdom en skatte, waarvan ek baie het. *

oubaas 4.04.09 - 10:08pm
Ek besef dat ek 'n risiko neem met hierdie aanbod van my , want ek weet jy mag dalk my aanbod totaal en al weier, nogtans maak ek die aanbod sonder enige voorwaardes of voorbehoud. *

oubaas 4.04.09 - 10:08pm
. Ek besef dat jy sal di*nk ek maak 'n fout om so 'n aanbod te maak vir iemand wat my Seun se lewe geneem het, tog wil ek jou verseker dat ek 'n ontsettende liefde , en 'n onveranderlike vergifnis in my hart het vir jou. *

oubaas 4.04.09 - 10:09pm
Laastens, besef ek dat jy bekommerd is oor die feit, sou jy die aanbod aanvaar, en jy doen iets verkeerd, dit daartoe sal lei dat jy jou regte tog my rykdom sal verbeur.. Glo jy vir my dis van alle waarheid onthef. Indien ek jou kan vergewe vir jou bydrae tot my Seun se dood, , kan ek jou vir enige iets anders mos ook vergewe.. *

oubaas 4.04.09 - 10:10pm
Ek weet jy sal nooit sonder foute wees nie,. Maar jy hoef nie sonder foute te wees om my aanbod te aanvaar nie. Daarbenewens , glo ek vas , dat wanneer jy eers my aanbod aanvaar het, en in my rykdom begin deel het, jou eerste belang (alhoewel nie altyd nie) dankbaarheid en lojaliteit sal wees. *

oubaas 4.04.09 - 10:10pm
. Ek besef dat baie mense sal di*nk ek is verspot en nie reg wys nie, om so 'n aanbod aan jou te maak , maar ek het nog net een versoek en dit is dat jy my jou Vader sal noem. *

oubaas 4.04.09 - 10:11pm
Geteken vandag daar waar jy nou is. *

oubaas 4.04.09 - 10:11pm
Die Vader van Jesus Christus. *

oubaas 4.04.09 - 10:12pm
Baie dankie aan Lente van Blye Versekering vir die mooi gedagtes. Besoek gerus haar site by http://www.go.to.co.za/lenten/ *

oubaas 19.11.12 - 10:42am
Ook op facebook gepos:
http://m.facebook.com/groups/304095766282805?view=permalink&id=564251256933920&refid=18&_ft_=src.24%3Asty.308%3Aactrs.100001375301243%3Apub_time.1353321439%3Afbid.564251256933920%3As_obj.4%3As_edge.1%3As_prnt.11%3Aft_story_name.StreamStoryGroupMallPost%3Aobject_id.304095766282805%3Aobject_timeline_token_map.Array
*


* Reply
* OUBAAS Forum


Search:
topics replies


* OUBAAS

Create Your Own App Store

topTop
groupsGroups
mainProdigits

Custom Search


Create Your Own App Store