WAP Groups
Download Free Apps & Games @ PHONEKY.com

OUBAAS - Topics
Create Your Own App Store

* OUBAAS > Topics


Subject: POTJIEKOS resepte:
Replies: 45 Views: 53900

oubaas 31.03.09 - 05:32pm
WAT IS POTJIEKOS?

Potjiekos is 'n verwysing na 'n eg Suid-Afrikaanse kooktegniek wat 'n ysterpot as hoofkookinstrument gebruik. Die ysterpot is ook bekend in ander dele van die wereld as 'n dutch-oven, en word ook ysterpot, swart pot of net potjie genoem. Die pot word gemaak uit gietyster en het 'n deksel. Daar is verskillende grotes wat begin by 0.25 tot so groot as 25. Die pot kom ook met 'n ronde bodem met drie pote, of 'n plat bodem sonder pote. Kom deel jul resepte met ons by http://oppie-koffie.co.uk Oppie Koffie ook asb! *

oubaas 31.03.09 - 05:33pm
PROSES
'n Tipiese potjiekos resep het een of ander vleis as die basis van die gereg en groente en sous wat saam gekook en bedien word. 'n Vuur word gewoonlik gemaak apart van die kookgebied. Soos wat daar kole vorm, word dit onder, en somtyds bo op die ysterpot gepak om die juiste temperatuur te kry. Dit kan enige iets van 2-8 ure vat om potjiekos te maak, afhangende van die soort vleis en ander bestandele wat gebruik word. Souse se droe bestandele betaan gewoonlik uit verskeie speserye, sout en peper, en selfs ook kerrie. Nat bestandele sluit in bier, wyn, room en net gewone water. Verskillende tegnieke word gebruik, maar die mees algemeenste is om die bestandele in lae te plaas, en glad nie te roer nie. Om te bedien word daar dan met 'n groot lepel in een skep van onder tot bo 'n bietjie van alles geskep. *

oubaas 31.03.09 - 05:35pm
KULTUUR
Potjiekoskompetisies is baie gewild in Suid-Afrika en Namibie onder die Afrikaners, maar ook in lande waar Suid-Afrikaners hervestig het oor die afgelope paar jaar soos Engeland, Australie en Nieu-Seeland. Potjiekos word in dieselfde asem as boerewors, biltong, drowors, melktert, koeksisters en bobotie na verwys as eg tradisionele Afrikaanse geregte, en daarvoor word dit as 'n sosiale bond tussen Afrikaners gebruik reg oor die wereld. Om iemand oor te nooi vir Potjiekos is soos om te se dat die genooide persoon deel van jou vriende kring is, en jy graag saam wil kuier en gesels. *

oubaas 31.03.09 - 05:36pm
WENKE VIR DIE GEBRUIK VAN 'N POT

Maak pot goed skoon na gebruik. Smeer die binnekant met vet. Indien daar roes binne is, skuur met growwe sout. Moet nooit te veel water in pot gooi nie. Gebruik liewers wyn of bier in plek van water indien jy vloeistof moet bygooi. Die potjie moet met jou gesels, want n stil pot kan of aanbrand of glad nie kook nie. Hou altyd die deksel op. Hou styselrige kosse weg van die boom of kante, want dit brand maklik aan. n Platboom pot moet altyd op stene gesit word. Braai uie eers en haal dan uit. Dit word weer bygegooi net voor opdiening. Moenie kos in pot kook nie dit moet stadig prut. Roer net deur voor opdiening nie voor dit nie, anders is dit nie meer 'n potjie nie maar 'n bredie. Die beste houtsoorte is: rooikrans, swartw*ttel en wingerdstompies. Sny aartappels altyg groot stukke of gebruik klein aartappeltjies. Pak n pot in die volgende volgorde: vleis, groentes, uie en dan stysels.

VIR NUWE POTJIE:
Voeg groente skille, stingels en blare in n pot vol water en kook n uur lank . Gooi uit en spoel deeglik skoon. Skuur met hout-as en spoel weer skoon. Maak pot baie warm en giet bottel asyn daarin en kook n ruk. Spoel goed skoon.
*

oubaas 31.03.09 - 05:37pm
POTJIEMARINADE

LEKKER VIR POTJIE - BYVOORBEELD SKENKELS

1 suurlemoen sap uitgedruk
200ml olie
2 uie fyn gerasper
2 knoffeltoontjies, gekneus
125ml vars pietersielie, gekap
1 takkie roosmaryn, blaartjies van takkie gestroop
125ml koljander, vars en fyngekap-opsioneel
2.5ml borrie
2.5ml paprika
2.5ml oreganum
rissiepeper - opsioneel

Meng alles saam en marineer vleis. Voeg net sout na smaak by. *

oubaas 31.03.09 - 05:38pm
BEESSTERTPOTJIE

2 beessterte opgesny
4 wortels in dik skywe gesny
3 medium gekapte uie
1 blikkie botterboontjies
sout
1 pakkie beesstertpoeier
250ml beesboeljon
4 aartappels in dik skywe gesny
250ml groenertjies
250g sampioene
6 murgpampoentjies in skyfies
2 uie in skywe gesny

Verbruin die beesstert in n warm pot met olie en gekapte uie. Voeg sout by. Voeg soppoeier en boeljon by. Voeg water by en laat prut vir 2 uur. Skep vet af. Voeg laag aartappels en wortels by. Daarna n laag botter-boontjies met sous. Voeg laag ertjies rou sampioene, murgpampoentjies en laag uieringe. Maak pot toe en prut vir uur. Maak kluitjies en pak bo-op. Sit deksel terug en prut vir 15 minute sonder om deksel te lig. Bedien 10 persone.
*

oubaas 31.03.09 - 05:40pm
GEURIGE BEESSKENKELPOTJIE

'n No 3 pot word aanbeveel

30ml kookolie
6 beesskenkelskywe, ongeveer 15mm dik
8 lamsniertjies, gehalveer, vlies verwyder
2 uie in skywe gesny
1 knoffelhuisie, fyngedruk
350ml vleisaftreksel
50ml tamatiepasta
2.5ml suiker
sout en varsgemaalde peper na smaak
10 geel vlapampoentjies
6 groot aartappels, in 10mm dik skywe gesny
100g mini suikerertjies
100ml suurroom
30ml brandewyn

Verhit die olie in die pot en braai die vleis en niertjies oor matige hitte tot bruin. Voeg die uie en knoffel by en soteer totdat die uie deurskynend is. Geur met sout en peper. Verhit die aftreksel en tamatiepasta saam en voeg saam met die suiker by die vleis. Sit die deksel op en prut vir 2 uur of totdat die vleis byna sag is. Pak die aartappels, vlapampoentjies en suikerertjies in lae bo-op. Sit die deksel op en prut nog 45 minute tot 'n uur lank of totdat die vleis en groente gaar is. Meng die suurroom en brandewyn en voeg by die potjiekos net voordat dit voor gesit word. Steek die steel van 'n houtlepel versigtig op 'n paar plekke in die potjiekos en wikkel liggies sodat die suurlemoen-en-brandewynmengsel goed kan deurloop.
*

oubaas 31.03.09 - 05:41pm
MAALVLEISPOTJIE UIT DIE BOONSTE RAKKE

'n Diep no 3-platboompot word aanbeveel.

20ml kookolie
300g gemaalde beesvleis
200g gemaalde varkvleis
2 uie, gekap
1 groen soetrissie, ontpit en gekap
250ml rou rys
10ml matige kerriepoeier
3ml borrie
1 pypkaneelstokkie
1 lourierblaar
3 ryp tamaties, geskil en gekap
200g vars groenboontjies, gekerf
250ml bevrore wortelblokkies
50ml vrugteblatjang
sout en vars gemaalde peper na smaak
375ml hoenderaftreksel

Verhit die olie in die pot en braai die maalvleis totdat dit van kleur verander. Skep dit uit en hou eenkant. Braai die uie en soetrissie in dieselfde pot totdat die uie deurskynend is. Voeg die rys, kerriepoeier, kaneelstokkie, borrie en lourierblaar by en braai 2-3 minute. Skep die maalvleis bo-op die rysmengsel en pak die tamaties en groenboontjies in lae bo-op. Strooi die wortelblokkies bo-oor die groenboontjies en geur met sout en peper. Verhit die blatjang en aftreksel en giet oor die potjiekos. Lig die platboompot effens om dit weg van die kole te hou. Sit die deksel op en prut 30-45 minute oor baie stadige kole totdat die rys gaar is. Verwyder die lourierblaar en kaneelstokkie indien moontlik.
*

oubaas 31.03.09 - 05:42pm
MOSSELPOT

Hierdie geurige pot is klaar in 'n japtrap

60ml olyfolie
3 knoffelhuisies, fyngedruk
3 stingeluie fyngesny
1 vinkelbol, fyngesny ( opsioneel )
250ml wit wyn
2 blikke 410g elk heel tamaties
500ml hoenderaftreksel
900g bevrore stokvis of enige vars witvis, in stukke
500g bevrore mossels in skulp of 1 groot blik 800g
90ml fyngekapte pietersielie
Tabascosous, sout en peper

Verhit die olie in 'n swartpot en roerbraai die knoffel, stingeluie en vinkel daarin tot glansig. Voeg die witwyn, tamaties en aftreksel by en verhit tot kookpunt. Sit die deksel op en laat sowat 20 minute oor lae hitte prut tot geurig. Voeg die vis en mossels by, laat weer opkook en laat nog 5-10 minute prut of tot alles net gaar en deur warm is. ( Moenie te lank verhit nie, anders kook die vis stukkend.) Voeg die pietersielie by en geur na smaak met Tabascosous, sout en peper. Sit voor met gebakte brood.
*

oubaas 31.03.09 - 05:44pm
SKAAP-AFVALPOTJIE

2 klompe skaappens (goed skoongeskraap)
water om in te kook
250ml halfsoet wit wyn
sap van halwe suurlemoen
sout en varsgemaalde swartpeper
1 skaapnek
6 groot uie (gekap)
12 klein aartappeltjies
25 ml matige sterk kerriepoeier
2ml rissiepoeier
10ml donkerbruin suiker
asyn om mee aan te maak
250 g droeperskes
3 tamaties, ontvel en gekap
30ml tamatiepasta

Spoel pense goed af onder lopende koue water. Sny pense in blokkies en plaas in driepootpot saam met water, wyn, suurlemoensap, sout, peper en skaapnek. Sit deksel op, plaas pot oor matig warm kole en laat kook tot inhoud sag is-ongeveer 3-4 uur. Wanneer pensblokkies sag is en vleis van nekwerwels afval, verwyder nekwerwels, en bene van skaapnek. Voeg uie, tamaties, en aartappels by inhoud en stowe vir nog 30 minute lank. Maak kerriepoeier, rissiepoeier, tamatiepasta en suiker met asyn aan en voeg saam met perskes by inhoud van pot. Sit deksel op en plaas weer op vuur vir 30 minute. Roer een keer goed om en dien op.
*

oubaas 31.03.09 - 05:44pm
TAMATIE-LAMSVLEIS MET KLUITJIES POTJIE

45ml olyfolie
1kg lamsnekskywe, 20mm dik
sout en varsgemaalde peper na smaak
3 uie, in skywe gesny
2 knoffelhuisies, fyngedruk
4 tamaties, geskil en gekap
5ml suiker
375ml vleisaftreksel
3 groot aartappels, in kwarte gesny

Plaas 'n gietysterpot oor matige kole. Verhit die olie in die pot en braai die vleis goudbruin. Voeg geurmidels by. Voeg uie, knoffel, tamaties, suiker en aftreksel by en prut vir 1 uur. Voeg aartappels by, maak toe en prut vir 'n verdere 30 minute. Maak kluitjies soos hieronder verduidelik, en skep dit bo-op die vleis. Sit deksel op en wag sowat 12 minute. Sit dadelik voor. *

oubaas 31.03.09 - 05:45pm
KRUIEKLUITJIES

250ml bruismeel
5ml sout
10ml botter
15ml vars of 5ml dro gemengde kruie
1 eier geklits
60ml melk

Sif meel en sout saam. Vryf botter in tot mengsel soos broodkrummels lyk. Voeg kruie by. Klits melk en eier saam. Meng liggies met meel. Skep lepels vol bo-op vleis in pot. Moenie die deksel oplig vir ten minste 10-12 minute, terwyl die kluitjies kook nie. *

oubaas 31.03.09 - 05:46pm
HOENDER-NOEDELPOTJIE

Hierdie potjie is lekker vullend en benodig geen ekstra bykosse nie, behalwe as jy lus voel vir n mengelslaai. Dis genoeg vir 4-6 mense en n no. 2-pot word aanbeveel.

8 hoenderdye
30mlkookolie
2 selderystingels, gekap .
2 tamaties, geskil en in skywe gesny.
1 groen soetrissie, gesnipper .
250g heel knopiesampione
250ml uiegras, gekap
15ml pietersielie, fyn gekap
10ml gedroogte gemengde kruie .
500ml rou skulpnoedels
5ml vars gemaalde swartpeper .
3ml gedroogte roosmaryn
250ml dro wit wyn .
250ml gerasperde Cheddar-kaas
sout en peper na smaak

Sprinkel die sout en peper oor die hoender. Verhit die olie in die pot en braai die hoender n paar stukke op n keer tot goudbruin. Pak die groente in lae op die vleis in die volgende volgorde: seldery, tamaties, soetrissie, sampioene en uiegras. Sprinkel die pietersielie en gemengde kruie bo-oor en voeg dan die noedels by. Sprinkel die peper en die roosmaryn oor en giet die wyn daaroor. Sit die deksel op en laat prut vir 1 uur. Strooi die kaas bo-oor en laat prut vir nog 20 minute. Bedien met n vars slaai van jou keuse. *

oubaas 31.03.09 - 05:48pm
ROOI POTJIE VIR PA

Gebruik 'n nommer 3 potjie.

1 kg hoender
fyn sout
growwe swart peper
koekmeel om stukkies in te rol.
2 medium uie fyn gekap
kook rys apart tot gaar.
10ml fyngemaakte gemmer en knoffel
20ml botter
10 klein aartappeltjies
10 jong worteltjies
10 klein vlapampoentjies
250g knopie sampioene

BESTANDDELE VIR DIE SOUS

300ml tamatiesous
50ml blatjang
20ml Worcestersous
2ml tabascosous
50ml asyn
50ml suiker
5ml mostertpoeier
15ml paprika
125 water

Voeg alles bymekaar is 'n bottel en meng goed deur die bottel te skud.

Maak jou pot warm en gooi botter by.Braai die fyngekapte uie en gemmer/knoffel tot die geur uitkom. Neem die hoender porsies en strooi individueel een vir een met fyn sout en peper. Nadat die gedoen is doop die hoender porsies in die koekmeel en voeg in die pot. Roer totdat die hoender porsies goed met die uie en olie bedek is vir so 10 minute. Gebruik 'n houtlepel. Van nou af roer jy nie weer jou pot totdat jy opskep nie. Gooi nou jou sous soos bo saamgestel in en laat jou pot stadig loop. (Borrel liggies regdeur). Los so vir ongeveer 15 minute. Voeg nou jou groente in lae in die volgende volgorde. Aartappels, jong wortels, pampoentjies, en sampioene. Los so vir ongeveer 45 minute Voeg klaargekookte rys by so 10 minute voor opskep, en laat die sous deurkook. Die pot loop so 2.5 uur.
*

oubaas 31.03.09 - 05:49pm
HOENDER-BILTONG-EN-SPEKPOTJIE

SOUS
2 hoenderaftrekselblokkies
250ml kookwater
500ml dro witwyn
250ml blatjang
46g sampioensoppoeier (1 pakkie)
5ml gedroogde tiemie
5ml gemengde gedroogde kruie
5ml suurlemoenpeper

HOENDERGEREG
15ml olyfolie
15ml botter
12 hoenderdye, ontvel indien verkies
250g spekvleis, gekap
50ml brandewyn
10ml gekapte knoffel - opsioneel
2 uie, in ringe gesny
halwe groen soetrissie, grof gekap
1 seldrystringel, in dun ringe gesny
20 klein aartappeltjies, geskil
4 wortels, skyfies gesny
12 klein uitjies, heel
250g knopiesampioene
8 murgpampoentjies, in dik skywe gesny
150g klam beesbiltong, gekerf
250ml gerasperde Cheddarkaas
125ml vars, gekapte pietersielle

Los die aftrekselblokkies in die kookwater op. Meng die res van die bestanddele vir die sous en voeg dit by. Hou die sous eenkant.

HOENDERGEREG
Verhit die botter en olie oor matige hitte en verbruin die hoender daarin. Voeg die spekvleis by en soteer dit 3 minute lank. Voeg die brandewyn en knoffel by. Roer dit deur en moet daarna nie weer roer nie. Strooi die uie, soetrissie en seldery oor die hoender en plaas daarna die aartappels en wortels bo-op. Giet die sous oor: Plaas die deksel op en laat dit 1 duur lank prut. Voeg kookwater by indien nodig. Bedek dit en laat prut dit 30 minute lank. Roer dit net voor bediening en strooi pietersielie oor. *

oubaas 31.03.09 - 05:51pm
VARKKNEUKEL MET DROEVRUGTE POTJIE

15ml olyfolie
2 medium preie
2 gerookte varkkneukels ( 850g elk)
375ml appelkoossap
125ml vleisaftreksel
60ml mediumsoet sjerrie
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
125g droe appelkose
125g sultanas

Plaas 'n no 2 gietysterpot oor matige kole. Verhit olie en soteer preie tot sag. Voeg varkkneukels by en braai bruin. Voeg appelkoossap, aftreksel, sjerrie en geurmiddels by, sit deksel op en prut sowat 1.5 uur. Voeg drovrugte by, sit deksel op en prut nog 30 minute.
*

oubaas 31.03.09 - 05:52pm
KERRIEPOTJIE

1kg skaap- of lamsvleis in blokkies gesny
Kookolie
1 knoffelhuisie geskil en gekap
5ml koljander
6 heel naeltjies
1 klein blikkie tamatiepasta
10ml bruin asyn
25ml blatjang
sout na smaak
2 uie geskil en in ringe gesny
5ml borrie
15ml kerriepoeier
1 stukkie heel pypkaneel
5ml fyn jeera (komein)
250ml appelkooskonfyt
25ml suiker
1 groen rissie pitjies verwyder en skil gekap
250g gedroogde appelkose in 'n bietjie water geweek
5ml fyngedrukte groen gemmer
1 groen soetrissie pitte verwyder en gekap
250ml karringmelk of Bulgaa*se jogurt

'n Nommer 3-pot word aanbeveel. Braai die vleis in die olie. Voeg sout by, voeg dan uie en knoffel by, laat effens bruin word, en voeg dan al die ander bestanddele, behalwe konfyt, blatjang en karringmelk of jogurt by. Prut stadig vir 2.5 ure of tot die vleis sag is. Voeg dan res van bestanddele by. Voeg nog sout by indien jy sou verkies. *

oubaas 31.03.09 - 05:54pm
BILTONGPOTJIE

500gram biltong
500g pasta skulpies
2 uie, fyngesny
1 rooi en 1 groen soetrissie, gekap
olie
250ml room
500ml vleisektrak
400g gerasperde kaas
sout en peper na smaak

Braai uie en rissies in olie in pot. Voeg vleisektrak en noedels by. Kook tot pasta gaar is en water weggekook het. Voeg room by, onthou potjie moet nog op vuur wees, dan biltong en kaas. Roer deur en kook nog vir 5 minute. Met die resep kan lekker gespeel word. Voer enigiets waarvan jy hou by. Toets net die eerstekeer die resep en dan kan jy jou eie verbeelding byvoeg.
*

oubaas 31.03.09 - 05:55pm
VOLSTRUISPOTJIE

30ml kookolie
1.5kg volstruisnekskywe
2 groot knoffelhuisies, gekneus
5ml droe roosmaryn
250g swartsampioene, in skyfies gesny
30ml ingemaakte groenpeperkorrels, gekneus
75ml brandewyn
50ml droe sjerrie
375ml droe rooi wyn
30ml suurlemoensap
15 vars piekeluitjies, geskil
10 klein, heel wortels
8 skoongeskropte jong aartappels in die skil
15ml koekmeelblom
1x300g-pak verroomde spinasie ontdooi
bietjie melk
knippie neutmuskaat
sout na smaak

Verhit die olie in die pot en braai die vleis in sarsies tot bruin. Skep uit en hou eenkant. Braai die knoffel, roosmaryn, sampioene en peperkorrels in dieselfde pot. Skep die vleis terug in die pot. Verhit die brandewyn, sjerrie, rooi wyn en suurlemoensap en voeg by die vleis. Sit die deksel op, verminder die hitte deur van die kole onder die pot te verwyder en prut 2.5 uur of totdat die vleis byna sag is. Pak die groente, behalwe die spinasie, in lae bo-op die vleis, sit die deksel op en prut nog 45-50 minute. Meng die ontdooide spinasiemengsel met n pasta van koekmeelblom en melk en skep versigtig oor die kos in die pot. Geur met neutmuskaat en sout, sit die deksel op en prut nog 15 minute *

oubaas 31.03.09 - 05:56pm
HOENDERPOT MET SKOP

2.5 kg hoenderporsies (verkieslik dye)
80g spekvleis, swoerdloos en gesnipper
4 knoffelhuisies, gekneus
125 ml brandewyn
250ml soet sjerrie of muskadel
20ml gemengde kruie
20ml uiesout
10ml aromat
20ml vars gemaalde swartpeper
2 groen soetrissies, gesnipper
3 uie, in skywe gesny
8-10 grasuie, gesnipper
10 groot aartappels, in dik skywe gesny
sowat 500 g broccoli
500g sampioene
425-g-blik sampioensop
250ml Cheddar-kaas, gerasper

Braai hoender tot bruin saam met spekvleis en knoffel. Voeg brandewyn en sjerrie by. Besprinkel met kruie en helfte van uiesout, aromat en swartpeper. Plaas groente as volg in lae by hoender: soetrissie, uie, grasuie, aartappels, broccoli, sampioene en pietersielie. Voeg oorblywende speserye en sampioensop by. Besprinkel met kaas. Prut 45 minute lank. Die resep lewer 10-12 porsies. *

0038girl 31.03.09 - 06:58pm
Baie dankie. Sjoe hoe honger word ek nou. *

oubaas 1.04.09 - 04:00am
Daar kom nog! *

0038girl 1.04.09 - 11:28am
Koel ons wag. *

oubaas 2.04.09 - 08:20am
Goed ek sal dit vandag plaas en sommer ook paar wildsvleis geregte en skemerkelkie resepte ook. *

oubaas 2.04.09 - 08:34am
HOENDERPOTJIE IN ROOMSOUS

Hierdie potjie het die heerlikste dik, ryk roomsous met n hoender- en spekgeur. Genoeg vir 4-6 mense. n No 2 pot word aanbeveel.

8 hoenderdye
braaivleisspeserye na smaak
250g swoerdlose ontbytspek, in stukkies gekap
4 middelslag uie, gekap
60ml fyn appelkooskonfyt
100ml water
15ml worcestersous
12 heel uitjies, geskil
10 jong heel aartappeltjies, geskil
750ml gemenge groente
300g sampioene, in skywe gesny
aromat na smaak
1 pakkie beesstertsoppoeier
1 pakkie dik wit uiesoppoeier
500ml vars room OF 250 mlroom en 250ml melk

Sprinkel die braaivleisspeserye oor die hoender. Verhit die pot en braai die spek daarin vir 5 minute. Voeg die uie en appelkooskonfyt by en braai tot sag. Voeg die hoender, water en Worcestersous by die uiemengsel, sit die deksel op en laat prut vir 15 minute. Voeg die uitjies, gemengde groente en aartapels by en laat prut vir nog 10 minute. Voeg nou die sampioene by. Sprinkel die geuropwekker (aromat)oor, sit die deksel op en laat prut vir 30 minute. Meng die soppoeier met die room en voeg dit by die potjie. Laat prut vir 30 minute.
*

oubaas 2.04.09 - 08:35am
VISBLITZPOT

Hier word 'n ander tegniek ingespan, naamlik meer hitte en minder tyd.

2 fyngekapte uie
1-1.2kg vars ferm vis (geelbek, koningklip, geelstert)
4 fyngekapte knoffelhuisies
3 blikke tamaties, in fyn stukkies gesny
185ml olyfolie
5ml gedroogde vinkel
skil van halwe lemoen, uitgedroog in klein stukkies
hand vol vars, gekapte pietersielie
2 knippies saffraan

Kry jou pot, vuur en gaste in orde, want di gereg is binne 20 minute gereed. Maak pot lekker warm, gooi 'n leksel van die olyfolie in die warm pot en braai jou uie tot hul deurskynend is. Sny vis in eetlepel grootte blokkies. Plaas pot nou op 'n goeie hoop warm kole en, glo dit of nie, gooi al die bestanddele behalwe pietersielie en saffraan in die pot. Roer vinnig deur, want die olyfolie is die bindmiddel waarin alles gaan kook -- geen wyn of suurlemoensap wat die olie se effek gaan breek nie. Wanneer die pot goed begin borrel, plaas jy die deksel op, gee dit 12 tot 15 minute, sprinkel pietersielie en saffraan oor als en skep in sopborde. Lekker met rys, maar veral lekker op dik snye roosterbrood.
*

oubaas 2.04.09 - 08:36am
SEEKOS-POTJIE

Hou vis se kort gaarmaaktyd ingedagte en dat dit bederf word deur dit oorgaar te maak. Sorg dat die kole laag bly en moet nooit toelaat dat die inhoud van die potjie vinnig kook nie.

30ml botter
30ml olyfolie
300g calamari, in ringe gesny
2 groot uie, gekap
1 rooi soetrissie, ontpit en in skywe gesny
3 knoffelhuisies, gekneus
1 groen soetrissie, ontpit en in skywe gesny
5ml sout
varsgemaalde swartpeper na smaak
5ml paprika
2 koppies rou wit of bruin rys
250ml bier
750ml vis-of hoenderaftreksel
2ml borrie
1 kg visfilette, in porsies gesny
500g garnale, onthaar & afgedop
300g knopiesampioene, in skywe gesny
250g ertjies
2ml dro origanum
2 ml dro gemengde kruie
400g,blik mossels in skulpe

Verhit die botter en olie in 'n gietysterpot en soteer die calamari sowat 2 minute totdat dit ondeursigtig is. Haal uit die pot en hou eenkant. Plaas die uie, soetrissie en knoffel in die pot en soteer tot die uie deurskynend is. Geur met sout, peper en paprika. Roer die rys by. Verhit die aftreksel, bier en borrie. Pak die visporsies, calamari, garnale en sampioene in lae op die bestanddele in die pot en giet die verhitte vloeistof oor. Sit die deksel op en laat omtrent 30-45 minute of tot die rys gaar is stadig prut. Voeg ertjies, origanum en gemengde kruie by en sit weer die deksel op. Laat prut nog 5-10 minute.
*

oubaas 2.04.09 - 08:37am

HOENDER EN PATATPOTJIE

2 groot uie, in ringe gesny
3 knoffelhuisies, fyngedruk
2 selderystingels, in ringe gesny
olie
8 hoenderdye
sout en peper na smaak
5 groot patats, geskil, in ringe gesny
8 wortels, geskil, in stukke gesny
200g dro appelkose (opsioneel)
250ml wit wyn
10ml sojasous
75ml sagte bruin suiker
15ml tamatie-of mosterdsous(soetsuur soort)
10ml basiliekruid

Soteer die uie, knoffel en seldery in n bietjie olie in n pot tot sag. Geur die hoenderdye met sout en peper, voeg by en braai tot bruin. Pak die groente in lae op die hoender, met die appelkose heel bo. Meng die wit wyn, sojasous, bruinsuiker, tamatie- of mosterdsous en basiliekruid en giet bo-oor. Bedek, verlaag die hitte deur van die kole te verwyder en prut tot die hoender en groente sag en gaar is. Moenie roer nie, maar skraap net die boom van die pot van tyd tot tyd met n skoon spaan sodat die kos nie aanbrand nie. Geur na smaak met sout en peper. *

oubaas 2.04.09 - 08:37am
VEGETARIESE EIERVRUGPOTJIE

500ml botter of suikerbone, oornag geweek
5 medium aartappels
1 klein botterskorsie
2 groot eiervrugte
4 witwortels
5 groot geelwortels
125ml olyfolie
2uie, gekap
5ml sout
varsgemaalde swartpeper
10ml droe tiemie
10ml droe roosmaryn
4 heel knoffelhuisies
250ml groente aftreksel of appelkoossap
5ml rissiesous

Kook die boontjies omtrent n uur lank tot dit net sag is, dreineer en hou eenkant. Was die aartappels, botterskorsie, eiervrugte, witwortels en geelwortels: dit is nie nodig om enige van hierdie groentes te skil nie. Sny dit in happiegroottes. Verhit die gietysterpot oor die kole, gooi die olyfolie daarin en soteer die uie tot deurskynend .Pak die groente in lae bo-op die uie. Sorg dat die groente wat die langste neem om gaar te word onder in die pot is. Wissel elke laag af met n laag van die boontjiemengsel en strooi n bietjie sout, peper, tiemie en roosmaryn oor. Druk die knoffelhuisies tussen-in. Giet verhitte aftreksel of appelkoossap oor die laaste laag. Giet die rissiesous in die middel van die groente deur n opening in die middel daarvan te maak met n lang mes of lepel. Bedek die pot met n stuk foelie, versel dit goed om die rand en sit die deksel op. Prut 1.5 - 2 uur oor baie lae hitte.
Lewer 6 porsies. *

oubaas 2.04.09 - 08:38am
ROOIBOK POTJIE

1kg rooibokvleis in blokkies gesny
125 ml olie
4 geelwortels, in skyfies gesny
2 uie, in skywe gesny
2 knoffelhuisies, fyn gedruk
10ml gekapte tiemie
250g spekvleis, gekap5
00ml port of dro rooiwyn
6 aartappels, in skywe gesny.

Verhit olie in swartpot en soteer wortels, uie en knoffel totdat olie deurskynend is. Voeg tiemie, vleis, spekvleis en port by. Prut 2 uur baie stadig met deksel op. Voeg aartappels by en prut nog 30 tot 45 minute. Sit voor saam met mieliepap. *

oubaas 2.04.09 - 08:38am
SKAAPSKENKELPOTJIE

100ml olie
2kg skaapskenkels
'n halwe groen soetrissie, gekap
1 groot ui, gekap
2 knoffelhuisies, gekneus
6 swoerdlose spekrepe, gekap
2 middelslag tamaties, gekap
2 biefekstrakblokkies
sout en swartpeper na smaak
250 l witwyn
250ml kookwater
5 wortels, geskil, in skywe gesny
12 klein aartappeltjies, gewas
5 murgpampoentjies, in skywe
400g sampioene.

Verhit olie en braai vleis tot bruin. (Hoe bruiner die vleis gebraai word, hoe bruiner en ryker sal die sous wees.) Voeg die groenrissie, ui, knoffel en spek by en braai tot begin verbruin. Voeg tamaties by en roerbraai vir 5 minute. Voeg biefekstrak, geurmiddels, witwyn en kookwater by en prut vir 'n uur. Voeg wortels en aartappels by en laat vir 20 minute prut. Voeg laastens die murgpampoentjies en sampioene by en laat vir 15 minute prut. Vul vloeistof aan, indien nodig. *

oubaas 2.04.09 - 08:39am
LAMSNEK- PEPERPOT

2.5 - 3kg lamsnek
5 knoffelhuisies, gekneus
125ml superieure ou brandewyn
20ml gemengde kruie
20-40ml knoffelsout
20-40ml suurlemoenpeper
aromat
5 uie, in ringe gesny
3 groen soetrissies, gesnipper
500g-pak groen pasta
500g wortels (1 bossie), in ringe gesny
1 kg waterblommetjies (opsioneel)
15 klein aartappels (heel)
250g pakkie sampioene
30g pakkie pepersous, gemeng met 250 ml water
425g blik sampioenroomsop
125ml blatjang
250ml Cheddar-kaas, gerasper

Braai vleis en knoffel in die pot tot bruin. Voeg brandewyn by. Sit deksel op en prut 10 minute. Besprinkel met gemengde kruie en helfte van knoffelsout, suurlemoenpeper en aromat. Plaas groente as volg by vleis in pot: uie, soetrissies, pasta, wortels, waterblommetjies, aartappels en sampioene. Voeg oorblywende speserye, pepersousmengsel, sampioenroomsop en blatjang by. Strooi kaas oor. Prut bo-oor kole sowat 70 minute of tot vleis sag is. Die resep lewer 10-12 porsies. *

oubaas 2.04.09 - 08:39am
SOUSKLUITJIES IN 'N YSTERPOT

125g botter of margarien
60ml fyn appelkooskonfyt
12.5ml koeksoda
500ml koekmeelblom (gesif)
knypie sout
100ml melk
750ml kookwater
250ml suiker
5ml vanieljegeursel
klontjie botter (ekstra)

Smelt botter en roer eers konfyt dan koeksoda by (mengsel bruis). Voeg meel en sout beurtelings met melk by. Plaas oorblywende bestanddele in ysterpot en laat opkook. Skep lepelsvol deeg in kokende vloeistof sodat hopies nie opmekaar l nie. Sit deksel op en prut vir 25 minute lank. Bedien warm, stip met botter.
*

oubaas 2.04.09 - 08:40am
ANDRE SE WATERTAND HOENDERPOT

1-2 hoender brediepakke
6-8 aartappels
1 soetrissie
2 tamaties
3 uie
8 wortels (medium tot groot)
3 groot patats
1 pakkie vars baba-murgpampoentjies
1 pakkie vars knopie-sampioene
1 blik (350 g) ingelegde pynappestukke
sout en peper na smaak
12.5ml gemengde kruie
12.5ml knoffelvlokkies
12.5ml gemengde speserye
1 pakkie wit uiesoppoeier
250 ml Coca-Cola
50 g margarien

Gebruik verkieslik 'n nommer 3-driepootpotjie. Was die groente en vleis deeglik onder lopende koue water. Ontpit die soetrissie en sny in ringe. Sny ook die uie en tamatie in ringe en voeg by. Plaas die pot op warm kole en smelt die margarien daarin. Gooi nou die uie, tamatie en soetrissie in die pot en wag totdat dit begin prut. Gooi die kruie, speserye en knoffelvlokkies daarby, plaas die deksel terug en laat prut dit vir sowat 10 minute. Voeg daarna die hoender by en meng deeglik. Plaas die deksel terug, verminder die kole en kook oor matige kole vir dertig minute. Voeg die Coca-Cola by, plaas die deksel terug en laat die mengsel prut vir 'n verdere tien minute. Voeg nou die aartappels (in halwes gesny) en wortel (in die lengte gehalveer) by saam met 'n knippie sout. Laat prut oor matige kole vir 25 minute en voeg die patats (in skywe gesny) by. Plaas deksel terug en laat liggies kook vir 15 minute. Gooi die pynappelsap in 'n maatbeker en voeg die pynappelstukkies by die sampioene en die murgpampoentjies (in ringe gesny). Voeg dit by die ander bestanddele in die pot en gooi sout en peper na smaak by.Terwyl die pot liggies prut vir 'n verdere 15 minute, gooi die uiesop by die pynappelsap en roer dit goed in. Gooi dit nou in die pot, langs die kante af, nie in die middel nie. Verwyder nou alle kole en laat die pot vir nog 5 minute prut. Bedien die gereg saam met wit rys en gestoofde dro vrugte. Die groente van di potjie kan ook afgewissel word met blomkool of groenboontjies. Wanneer groenboontjies gebruik word, word aanbeveel dat u die boontjies heel hou en slegs die punte afsny.
NOG 'N BELANGRIKE PUNT WAT ONTHOU MOET WORD, IS DAT DIE POT NOOIT GEROER MOET WORD NIE. SLEGS VOOR DIT OPGESKEP WORD, KAN DIT EEN KEER GOED GEROER WORD. *

oubaas 2.04.09 - 08:41am
WORS-EN-NIERTJIE POTJIE

50ml olie
25ml botter
3 groot uie (gekap)
50ml koekmeelblom
12 lamsniertjies ( in heltes gesny, vliese verwyder)
5ml sout
varsgemaalde swartpeper
12.5ml tamatiepasta
200ml hoenderaftreksel
50ml droe wit wyn
8 varkworsies middeldeur gesny
200g sampieone
50ml brandewyn
12.5ml gekapte pietersielie

Plaas olie en botter in driepootpot en verhit oor warm kole. Voeg gekapte uie by en roer vir 3 minute. Rol niertjies in mengsel van koekmeelblom, sout en peper en voeg by die uie in pot. Voeg res van die bestanddele behalwe die brandewyn en pietersielie by en laat oor matige kole gaar word sonder om te roer. Wanneer niertjies gaar is, voeg brandewyn en pietersielie by, roer een maal om en dien op. *

0038girl 2.04.09 - 10:47am
Sjoe maar hier is 'n paar lekker resepte. *

0038girl 2.04.09 - 10:13pm
BOSVELD-HOENDERPOTJIE

Kry eers die vuur aan die gang en onthou nou om goeie hout soos rooibos, sekelbos (verkieslik want dis n verklaarde indringerplant), hardekool of mopanie te gebruik vir jou kole. Dis belangrik want die rook se geur trek ook in die kos in.

Sorg dat jou driepoot potjie byderhand is en n lekker groot lepel met n langerige steel. Die potjie se grootte hang uit die aard van die saak af van hoeveel kos jy gaan maak.

Bestanddele

Hier is n hele klomp bestanddele, so gebruik jou inisiatief en pas die resep maar aan hang af wat jou smaak is en hoeveel mense julle is. Dalk moet jy ook voorsiening maak vir n ongenooide gas wat dalk mag opdaag, soos een van my vriende, ou Dikkes, geneig is om gereeld te doen. Party mense is mos maar so gemaak en net so laat staan!

Hoender - dye, vlerkies, boudjies, borsies jy kan maar begin by so 3 van elk en afhangende hoeveel mense gaan saam eet, pas jy maar aan. Onthou dat party van die stukkies hoendervleis sal sagkook en dan sal dit moontlik in stukkies opbreek.
Olyfolie
Botter
Soja sous n Paar eetlepels na smaak
Mrs.ba11s blatjang ( ney) so n kwart bottel na smaak
Tamatie sous 5 eetlepels na smaak
Twee groot uie opgesny in klein stukkies of skywe
1 x Green pepper gesny in stukkies
n Hele klomp klein aartappels geskil of nie, maar heel
Klein geel pampoentjies n hele klompie
n Pakkie groenboontjies - opgesny
n Pakkie klein wortels opgesny
n Tamatie of twee as jy wil opgesny in stukkies
Murgpampoentjies (baby marrows) n pakkie
n Blikkie of twee van daardie lekker Knopiesampioene b*tton Mushrooms
Dik wit uiesop
250 ml room
1 x Suurlemoen
Kruie na smaak origanum, tiemie, koljander, selderysout en of gewone sout, peper (of suurlemoenpeper) kies die waarvan jy hou
Bier so kwart blikkie en / of wit wyn so n glasie

Voorbereiding en gaarmaak

Voor jy begin want kyk daar is redelik baie bestanddele en jy gaan dors word kry jou gunsteling drankie byderhand. Of nog beter, stel iemand aan (net nie jou wederhelf nie want anders het jy probleme) wat jou drankie dophou en vir jou kan aangee terwyl jy besig is met die potjie, want soos ek s jy gaan dors raak!

Sodra die kole reg is, skuif so paar kole eenkant toe weg van die vuur af, neem jou driepoot-potjie en plaas dit op die kole. Daar moenie te veel kole wees nie anders brand die potjie aan. Hou ook die hele tyd die potjie dop terwyl hy op die kole is en voeg nog kole by of neem weg soos nodig. Hou ook die vloeistof toestand in die potjie dop daar moet net genoeg in wees om nie te brand nie en onthou dat jy darem so klein ou sousie in die potjie wil h.

Gooi so eetlepel of twee botter in die potjie met sommer ook genoeg olyfolie daarby. Sautee nou die green pepper en die uie daarin - so 5 minute. Haal dit uit en hou eenkant in n bakkie.

Meng dan die soja-sous, tamatiesous, blatjang en so n koppie water. Gooi dit dan in die potjie.

Plaas nou al die stukke hoender in die potjie. Gooi die kwart bier en halwe glasie wyn daarin. Laat die potjie goed prut vir so 15 minute.

Volgende druk jy n halwe suurlemoen se sap uit in die potjie.

Dan kom die wortels en boontjies by. Prut vir nog so 10 minute, voeg dan die klein aartappels by en prut vir nog 10 minute, dan die tamatie (opsioneel), voeg dan die baby marrow en klein geel pampoentjies by en prut vir nog 10 minute.

Voeg daarna die uie en green pepper wat jy eenkant in n bakkie gehou het by, asook die dik wit uiesop, sampioene, al die kruie (na smaak), seldery sout en of gewone sout, suurlemoenpeper en of gewone peper by.

As jou potjie altesaam omtrent 55 minute geprut het, is dit reg.

Heel laaste voeg jy die room by en gee die potjie so n deeglike roer met die lepel, net voor jy opskep, sodat al die bestanddele mooi kan meng.

Geniet die potjie saam met rys, stywe pap of stampmielies. Vir die wat slaai wil h. Maak gerus so slaaitjie daarby.
*

oubaas 3.04.09 - 04:57am
Heeeeeeeeeerlik! Baie dankie. *

0038girl 3.04.09 - 01:38pm
Groot plesier. Geniet dit. *

oubaas 3.04.09 - 05:52pm
Ek sal eendag 'n lekker tarentaal potjie resep pos. *

0038girl 4.04.09 - 11:54am
Koel. Ons wag. Hier is 'n oorvloed tarentale waar ek bly. *

oubaas 4.04.09 - 12:54pm
Is dit nie nou broeityd vir die tarentale nie? *

crze4j 4.06.09 - 09:37pm
Sommer self gekry dankie. gaan gou di ander resep topics ook skop. kaas en geniet. hehe.GIF *

oubaas 28.12.09 - 04:16am
mfQI7URjWeUzY5hPvFaL.gif *

oubaas 7.09.10 - 09:44am
You can also get and post some nice recipies at http://oppie-koffie.co.uk Oppie Koffie *

oubaas 25.01.12 - 09:00pm
Kom gesels met ons by Donkies vir Jesus / Donkeys for Jesus

MOBILE: http://m.facebook.com/home.php?sk=group_304095766282805&view=info&refid=7

WEB: http:// http://www.facebook.com/home.php?sk=group_304095766282805&view=info&refid=7 http://www.facebook.com/home.php?sk=group_304095766282805&view=info&refid=7 *


* Reply
* OUBAAS Forum


Search:
topics replies


* OUBAAS

Create Your Own App Store

topTop
groupsGroups
mainProdigits

Custom Search


Create Your Own App Store