WAP Groups
Download Free Apps & Games @ PHONEKY.com

OUBAAS - Topics
Create Your Own App Store

* OUBAAS > Topics


Subject: BOERERATE:
Replies: 78 Views: 52689
6-<< 2-<

oubaas 31.03.09 - 03:08pm
MANGELONTSTEKING: Gorrel met 'n aftreksel van 60ml marjolein en 250ml kookwater. Sit 5-10 druppels turlington op 'n teelepel suiker en suig daaraan. Een eetlepel aptekersparaffien op een bottel gekookte water. Skud goed en gorrel gereeld daarmee. *

oubaas 31.03.09 - 03:08pm
NAARHEID: 1 teelepel koeksoda of 2 teelepels Engelse sout. Naeltjie, krui t of sitroentee. Eet baie pietersielie en bronkors. *

oubaas 31.03.09 - 03:09pm
NIERE EN BLAAS: Eet gereeld appels. Kou nartjiesade. Eet knoffel in botter gesmoor en met heuning gemeng om nierprobleme teen te werk. *

oubaas 31.03.09 - 03:10pm
OE ( BLOU OOG ): Smeer 'n t*tseltjie asyn aan die oog. Hou gerasperde wortel in gaasdoek oor die beseerde oog. *

oubaas 31.03.09 - 03:11pm
OE ( GESWELDE OE ): Drink soggens 'n klein glasie komkommersap. *

oubaas 31.03.09 - 03:11pm
OE ( INFEKSIE EN ONTSTEKING ): Gooi die wit van 'n eier op 'n stukkie watte en bind dit vas op die oog. *

oubaas 31.03.09 - 03:12pm
OE ( MOEE OE ): Behandel met kompresse van kamillletee. *

oubaas 31.03.09 - 03:13pm
OMLOOP: Smeer ink of blousel daaraan. Smeer klapperolie met blomswael gemeng daaraan. Smeer met borakspoeier. *

oubaas 31.03.09 - 03:13pm
OOR ONTSTEKING: Voeg 'n druppel knoffelsap by 5ml louwarm olyfolie en drup dit in die oor. Week watte in pietersieliesap vir 'n oorprop. Maak 'n wattetjie nat met brandewyn en plaas in die oor. *

oubaas 31.03.09 - 03:14pm
SINUSITIS: Masseer die aangetaste dele saggies met 'n halwe suurlemoen. 'n Warm kompres met koolblare help. Kou 'n stukkie heuningkoek. *

oubaas 31.03.09 - 03:14pm
SKILFERS: Gebruik 'n halwe suurlemoen se sap in 250ml warm water om af te spoel na sjampoo. Was jou hare met blouseep en spoel met soutw*ter af. Was jou hare in 2 teelepels koeksoda in 'n liter water. *

oubaas 31.03.09 - 03:14pm
SLAAPLOOSHEID: 'n Glas karringmelk voor slaaptyd bevorder die nagrus. Maak 'n drankie van 10ml heuning, 250ml warm melk en 5ml fyn kaneel. Drup 'n bietjie marjoleinolie op jou kopkussing.

*

oubaas 31.03.09 - 03:15pm
SONBRAND: Koue swart tee kan help. Koue vars jogurt op die vel kan help. Meng bietjie koeksoda met vars melk en smeer aan. *

oubaas 31.03.09 - 03:15pm
SOOIBRAND: Kou 'n stukkie tandepasta. Eet 4-5 amandels as dit pla. Eet 'n teelepel witsuiker. *

oubaas 31.03.09 - 03:16pm
SPIERKRAMPE: Neem 10ml heuning per dag. Smeer met kanferolie. Masseer aangetaste dele met Lennon se sterksalf. *

oubaas 31.03.09 - 03:16pm
SPYSVERTERING: Kamilletee help teen slegte spysvertering. Molslaaitee kan spysvertering bevorder. Eet kappertjie blare of blomme. *

oubaas 31.03.09 - 03:18pm
STUIPE: As 'n kind stuipe kry, sit hom in 'n skottel koue water. Dit breek dadelik die stuipe. Smeer die polse en gesig met brandewyn en veral onder die voetsole. Kan 'n bietjie vir die kind ingee. *

oubaas 31.03.09 - 03:19pm
VOEDSELVERGIFTIGING: Meng 10ml appelwynasyn in 'n glas warm water. Versoet met heuning na smaak. Drink stadig. *

oubaas 31.03.09 - 03:20pm
VOGAFDRYWERS: Drink die water waarin aspersies gekook is. Voeg bronkors en seldery by die dieet. Eet elke dag 'n handvol sonneblomsaad.

*

oubaas 31.03.09 - 03:20pm
VOMEER: Rooster 'n sny brood baie goed, laat trek soos tee en gee water om te drink. 'n Teelepel kalkwater help. *

oubaas 31.03.09 - 03:21pm
VRATTE: Vratte kan versmoor deur dit toe te plak met pleister. Smeer pienk of rooi naelpolitoer aan. Dit moet die gekleurde soort wees, nie deurskynend nie. Vee die binnekant van 'n piesangskil daaroor. *

oubaas 31.03.09 - 03:21pm
WARM GLOEDE: 10 druppels bruindulsies op 1 eetlepel water op nugter maag. 1 pakkie Engelse sout, halwe pakkie kremetart op een bottel water. Drink 'n koppie vol elke more. *

oubaas 31.03.09 - 03:21pm
WINDERIGHEID: Drink kruienaeltjies getrek in kookwater. Eet baie papaja. Meng 5ml fyn kaneel in 250ml warm melk. Drink stadig. *

oubaas 31.03.09 - 03:22pm
WINTERSHANDE EN VOETE: Week jou voete in 'n skottel soutw*ter. Verdun gliserien met bietjie warm water en smeer aan. Smeer skoon Dettol aan. *

gawie 6.09.11 - 11:40am
BRANDENDE MAAG? Neem 2 lepels vla en 1 lepel bruinsuiker en meng met bietjie water. Neem 2x per dag. *

oubaas 27.10.12 - 09:54am
Onthou om ons facebook blad te besoek! http://m.facebook.com/groups/57350209896?refid=0&m_sess=1hGzi8-oQDws_Fa
OPPIE KOFFIE
*

oubaas 3.11.12 - 03:58pm
MAAGWERKINGS: 1 opgehoopte teelepel gemmer in koppie warm rooibostee. Suiker kan bygevoeg word. *

oubaas 3.11.12 - 03:59pm
BRAKKIE HET WURMS: Jaag die dier 'n eetlepel kookolie in. Die pensie sal so 2-3 keer werk en wurms sal uitkom. *

6-<< 2-<


* Reply
* OUBAAS Forum


Search:
topics replies


* OUBAAS

Create Your Own App Store

topTop
groupsGroups
mainProdigits

Custom Search


Create Your Own App Store