WAP Groups
Download Free Apps & Games @ PHONEKY.com

OUBAAS - Topics
Create Your Own App Store

* OUBAAS > Topics


Subject: BOERERATE:
Replies: 78 Views: 52684
1-> 7->>

oubaas 31.03.09 - 02:34pm
BOER SE RATE: ( Omdat daar so baie is word net die mees algemene klagtes hier aangedui ). Kom deel jou rate by http://m.facebook.com/groups/57350209896?refid=0&m_sess=1hGzi8-oQDws_Fa
OPPIE KOFFIE
*

oubaas 31.03.09 - 02:35pm
AAMBEIE: Eet papaja saam met die pitte. Net 'n paar pitte op 'n lepel papaja sal die aambeie laat krimp. Maak sal van 'n bietjie kanferolie, stysel en Vaseline. Smeer aan aangetaste dele. Laat 5ml pietersielie op 250ml warm water trek. Syg deur en drink 2 keer per dag. *

oubaas 31.03.09 - 02:35pm
ABSESSE: 'n Skyfie groen tamatie wat oor die abses gebind word, sal help om die infeksie te verlig. Gestampte knoffel kan om die abses gebind word. Dit is 'n natuurlike antibiotikum. Klits eiergeel en sout saam en verf op die abses. *

oubaas 31.03.09 - 02:35pm
AKNEE: Smeer aptekers paraffien aan gesig en los vir 5 minute. Was met warm water en seep en dan met yskoue water. Droog goed af. Gebruik gelyke hoeveelhede suurlemoensap en water om die vel mee te was. Drink elke dag 'n koppie brandneteltee. *

oubaas 31.03.09 - 02:36pm
ALLERGIE: Meng 10ml appelwynasyn en 5ml heuning in 'n glas warm water en drink stadig voor elke maaltyd. *

oubaas 31.03.09 - 02:36pm
ANTIBIOTIKA: Sluk een huisie knoffel daagliks met 'n glas water. *

oubaas 31.03.09 - 02:37pm
ARE ( VERKALKING ): Sluk een teelepel wit Vaseline of petroleumjellie twee keer per dag. Drink soveel karringmelk of dikmelk as moontlik. Die suurmelk vreet die verkalking weg. 1 eetlepel salpeter, 1 bottel wonderkroonessens en 1 bottel kookwater. Gebruik 3 maal per dag 1 eetlepel daarvan. *

oubaas 31.03.09 - 02:37pm
ARTRITIS: Halwe Teelepel kremetart in 'n glas water op 'n nugter maag, elke oggend. 'n Koppie rooibostee soggens en saans met 2 teelepels heuning, 2 teelepels suurlemoen of appelasyn. Gebruik Break Fluid van motors. Dip dit op die seer plekke. Nie smeer nie. *

oubaas 31.03.09 - 02:38pm
ASEM ( SLEGTE ): Kou rou pietersielie. Drink tee van laventelblare of blomme. Kou sade soos anys, koeksaad, dille of vinkel. *

oubaas 31.03.09 - 02:38pm
ASMA: Drink 5ml skoon suurlemoensap om die slym te verwyder. Drink 'n koppie pietersieliesap vir verligting. Maak van 'n blikkie Zambuk-salf pilletjies, so groot soos 'n pinkienael. Rol dit in strooisuiker. Sit dit op 'n velletjie toebroodjie papier in die yskas. Sodoende is dit altyd byderhand tydens 'n aanval. Sluk 2 -3 pilletjies op 'n slag af. *

oubaas 31.03.09 - 02:39pm
ATLEETVOET: Spons af met skoon appelwynasyn. Gepoeierde knoffel kan ook help. Smeer kanferroom aan. *

oubaas 31.03.09 - 02:40pm
BEDSERE: Maak hande nat en vryf Sunlight seep (groen koekie seep )in die vel. Meng die wit van 'n eier en brandewyn en vryf dit oor die vel waar die bedsere is. Sit heuning op 'n stukkie gaas en plak dit oor bedsere.

*

oubaas 31.03.09 - 02:40pm
BLAASONTSTEKING: Trek krui t soos tee en drink 'n warm koppie vol. Boegoetee of boegoekapsules kan help. Meng 5ml appelwynasyn in 250ml warm water en versoet met heuning. Neem 2-3 maal per dag. *

oubaas 31.03.09 - 02:40pm
BLASE: Kook koolblare in melk en plaas oor die blaas as dit afgekoel is. Strooi dro mielieblom oor voetblase. Gebruik gerasperde wortel as 'n kompres vir 'n blaas. *

oubaas 31.03.09 - 02:41pm
BLOEDARMOEDE: Meng 12.5ml melasse in 'n koppie warm melk en drink dit saans voor slapenstyd. Week 30g roosmaryn in 1 liter kookwater vir 5-10 minute. Syg deur en drink 3 koppies per dag. *

oubaas 31.03.09 - 02:41pm
BLOEDDRUK (HOOG): 'n Halwe glas sorghumbier. Gerasperde aartappel met 'n koppie warm water daaroor.- drink dit as dit afgekoel het. Druk 'n halwe pomelo uit, vul glas verder met limonade. *

oubaas 31.03.09 - 02:42pm
. BLOEDDRUK (LAAG) Eet baie liquorice (drop). Neem 'n knippie sout op die tong en voel gou-gou beter. 1 deel whisky, 3 dele heuning - meng. Neem een kelkie vol elke aand voor slaaptyd. *

oubaas 31.03.09 - 02:42pm
BLOEDSIRKULASIE: Knoffel in die dieet bevorder bloedsirkulasie. Gebruik roosolie om die liggaam te masseer. *

oubaas 31.03.09 - 02:43pm
BLOEDVERGIFTIGING: 'n Knippie gebluste kalk op 'n halwe glas water. 'n Skyfie ui kan oor die septiese plek gebind word om die kwaad uit te trek. Vat 'n ou linnelap en maak dit goed nat met brandewyn., draai om die plek. Herhaal wanneer die lap droog geword het. *

oubaas 31.03.09 - 02:44pm
BLOUBLASIE STEEK: Gooi vleis sagmaakmiddel op. (Tenderiser ). Neem jou urine en dab dit aan. Moenie smeer nie. Die sap van 'n alwynblaar. *

oubaas 31.03.09 - 02:44pm
BRANDBOUDJIES VAN BABA: Meng 1 eetlepel Vaseline met 1 eetlepel margarien deeglik. Smeer 3 keer per dag aan. Koringsemels, water opgegooi, getrek en deurgesyg. Vee die boudjies daarmee af. Meng los sinkoksiedpoeier met kasterolie tot 'n salf. Smeer aan. *

oubaas 31.03.09 - 02:45pm
BRANDWONDE (KLEIN): Smeer skoon heuning aan om te herstel en pyn te verlig. Gebruik gekneusde koolblare as 'n pap. Varsgerasperde wortel kan op die brandwond gesit word. Moenie die wortel skraap voordat jy dit rasper nie. *

oubaas 31.03.09 - 02:45pm
BRONGITIS: Drink 'n mengsel van pietersieliesap en melk. Drink 'n wynglasvol wortelsap in die oggend. Halwe botteltjie heuning, halwe koppie asyn, halwe teelepel rooipeper. Meng alles saam en gebruik. *

oubaas 31.03.09 - 02:46pm
BYTE EN STEKE: 'n Skyfie papaja kan oor die steekplek geplaas word. Maak 'n pasta van hawermout en water aan en smeer oor die bytplek. Druk 'n koekie seep in 'n flou ammoniakoplossing en vryf oor die bysteek. *

oubaas 31.03.09 - 02:46pm
DIARREE: Eet elke 2 uur geskilde, gestoofde appel. Drink 'n glas warm rooiwyn. Kook 750ml water en laat afkoel. Roer 5ml sout en 5ml suiker by. Neem kort-kort 'n slukkie hiervan. *

oubaas 31.03.09 - 02:46pm
DRAADWURM: Eet 2-3 keer per dag gerasperde kool. Verpoeier aalwynkristalle, meng met water en voeg bietjie alkohol daarby. Drink vir 'n kitskuur. Drink wildealstee met heuning. *

oubaas 31.03.09 - 02:47pm
DUISELIGHEID. Voeg 5-10ml appelwynasyn by 'n glas warm water en versoet met heuning. Drink stadig. Stoom met gekneusde koljandersaad op kookwater. Buk vooroor, sodat jou kop laer as jou hart is. *

oubaas 31.03.09 - 02:47pm
EKSEEM: Kook 'n klompie viooltjieblare, laat afkoel en syg deur. Spons die ekseemgebied met die water af. Kap die groenste gedeelte van koolblare en gebruik in 'n warm kompres op die ekseem. Neem 1 botteltjie kokosneut olie, meng met zink ointment poeier tot 'n sagte salf. Smeer aan en laat staan. Moenie gou afwas nie. Bly aansmeer tot genees. *

oubaas 31.03.09 - 02:48pm
ENKELS: Gebruik 'n voetbad waarin Engelse sout opgelos is vir geswelde enkels. Skrop dit met 'n borsel in lou water. Druk droog met 'n handoek, en smeer terpentyn aan. Vryf tot dit lekker warm is. Dit is baie goed. *

oubaas 31.03.09 - 02:48pm
FLOUTE: 'n Halwe teelepel rooilaventel met koue water. Duiwe rekdruppels. 20-30 druppels op suiker of in 'n halwe kelkie water. 5ml heuning met 'n knypie kaneel daarin. *

oubaas 31.03.09 - 02:49pm
GAL: 3 pakkies Engelse sout, 1 bottel Rose's lemmetjiesap. Neem 1 eetlepel in 'n koppie kookwater op 'n nugter maag. Drink 'n mengsel van beet-,wortel- en komkommersap. 1 koppie wit suiker met 1 eetlepel koeksoda. Drink 1 eetlepel vol op 'n nugter maag. *

oubaas 31.03.09 - 02:49pm
GASTRITIS: Eet blaarslaai. Die ho mineraalinhoud help. Rou aartappel help. Sluit aarbeie by die dieet in. *

oubaas 31.03.09 - 02:49pm
GEELSUG: Eet elke dag minstens 125ml gekapte pietersielie. Gestampte koljander en op kookwater getrek. 1 teelepel op 'n dag. 2 eetlepels swart sterk tee, 1 eiergeel, 1 eetlepel lewensessens. Roer goed en drink. Kinders moet net die helfte drink. *

oubaas 31.03.09 - 02:50pm
GEWRIGTE: Aarbeie in die dieet sal pyne uit die gewrigte hou. Maak watte wat met olyfolie nat en sit dit op die pynplek, draai verband om. Dit help beslis. *

oubaas 31.03.09 - 02:50pm
GRIEP EN VERKOUE: Drink skoon pomelosap. Meng suurlemoensap, heuning en knoffel saam en drink. Drink 'n glas wortelsap in die oggend. *

oubaas 31.03.09 - 02:51pm
GROOTTOON BEL: 'n Warm smeerwortelpap sal help. *

oubaas 31.03.09 - 02:51pm
HARDLYWIGHEID: Neem 5ml olyfolie met maaltye. Eet 5m heuning teen slaaptyd. Drink 5ml swart melasse in 'n glas warm melk teen slaaptyd. *

oubaas 31.03.09 - 02:52pm
HARE WAT YL GROEI: Kasterolie aansmeer, tesame met roosmaryn wat in vet gebraai is. 1 eetlepel paraffien, 1 eetlepel brandewyn en 1 eetlepel kasterolie. Meng goed en smeer aan hare. *

oubaas 31.03.09 - 02:52pm
HIK: Drink 5ml appelwynasyn met bruinsuiker gemeng. Drink vars lemoensap. 1 teelepel gerasperde neut in 'n glas melk. *

oubaas 31.03.09 - 02:52pm
HOES: 6 druppels lampolie in 1 glas koue melk. Neem 1 teelepel heuning met 'n paar druppels asyn drie maal per dag. Neem 'n ui wat in 'n glas sal pas. Vul glas met kouewater. Neem 1 kelkie vol wanneer hoes erg is.

*

oubaas 31.03.09 - 02:53pm
HOOFPYN: Sit 'n skyfie rou aartappel op die voorkop. Vryf vars basielkruidblare op die slape. Sit 'n koue nat lap op krop van maag en 'n warm flennielap daaroor. *

oubaas 31.03.09 - 02:53pm
HOOIKOORS: Neem net petroliumjellie en smeer elke keer diep in die neus. Masseer die kop van jou groottoon om op te hou snuif. Drink wildealstee. *

oubaas 31.03.09 - 02:54pm
JEUK: Wend vars suurlemoensap aan. Voeg 250ml hawermout by jou badwater. Smeer gebreekte hotnotsvyblare aan. *

oubaas 31.03.09 - 02:54pm
JIG: Maak 'n pasta van Maizena. Plaas dit op seer plek. Maak toe met lap of verband. Smeer lynolie aan. Week watte in vars uitgedrukte suurlemoen. Plaas op seer plek. Maak toe. *

oubaas 31.03.09 - 02:55pm
KARKATJIE: Pak warm gestoomde koolblare oor die oog. Kappertjieblare werk goed. Vee saggies oor die oog met 'n heel stuk neutmuskaat. *

oubaas 31.03.09 - 02:55pm
KEEL: Gorrel met koolsap. Drink 'n koppie anyssaadtee. Drink 250ml warm melk met 5ml fyn kaneel daarin. *

oubaas 31.03.09 - 03:02pm
KNEUSPLEKKE: Smeer asyn aan 'n blou gekneusde vel. Smeer warm kasterolie aan. Wend 'n kompres van appelasynwyn aan. *

oubaas 31.03.09 - 03:04pm
KOORSBLARE: Smeer met vanilla essens. Smeer Vicks aan sodra die koorsblaar begin. Smeer roulynolie aan met tussenposes. *

oubaas 31.03.09 - 03:05pm
KRAMPE EN PYNE: Voeg 250ml Engelse sout by jou badwater. Verhit appelblare en wend aan as pap. Drink 'n kwart teelepel kremetart op 'n halwe glas water. *

oubaas 31.03.09 - 03:05pm
LARINGITIS: Stoom met bloekomblare op kookwater. Eet 'n bakkie gebakte appel met botter en heuning. Pietersieliesap in melk kan help.

*

oubaas 31.03.09 - 03:07pm
LIDDORINGS EN EELTE: Smeer blousel aan wat fyngemaak is. Hou dit in warm water. Sny die liddoring af en l blare van die klimop (Ivy) daarop. 2dele kasterolie en 1 deel jodium. Meng en smeer aan. *

1-> 7->>


* Reply
* OUBAAS Forum


Search:
topics replies


* OUBAAS

Create Your Own App Store

topTop
groupsGroups
mainProdigits

Custom Search


Create Your Own App Store