WAP Groups
Download Free Apps & Games @ PHONEKY.com

OUBAAS - Topics
Create Your Own App Store

* OUBAAS > Topics


Subject: MAAK MY KALM, HEER
Replies: 1 Views: 1243

gawie 5.02.09 - 02:20pm
Maak my kalm, Here.



Laat my benoude hartklop tog bedaar.....

kalmeer my gemoed.



Vertraag die dolle pas van my lewe -

my lewe, so 'n klein ratjie in die magtige gang van die tyd.



U sien die spanning wat ek vir niemand anders wil wys nie,

die bekommernis oor... waaroor tog alles!!



Maak dit stil in my, sodat my siel die musiek van die natuur kan hoor....

en die skoonheid daarvan vrede binne-in my kan bring -

dat my bewende hande kan saamvou,

dat my gespannne spiere kan ontspan.



Help my dat ek weer diep en onbesorge slaap kan geniet,

met die wete en die kinderlike geloof dat U sal sorg.



Leer my die kuns om kort-kort tot rus te kom;

miskien om 'n beddinkie blomme te bewonder,

om 'n hond te streel, lekker te sit en lees...

en om te lag en te speel met die wat ek liefhet!



Maak my kalm, Here Jesus..... dat ek nie in so 'n

belangrike program die rrig waardevolle dinge verbyjaag nie.



Laat my opkyk, Here...

dat ek die besef van U grootste Ewigheid my kan oorweldig...

my tot 'n stadige pas kan bring...

en my U Vrede kan gee om Jesus Christus ontwil.

Amen *

oubaas 15.04.09 - 06:04pm
Dankie Liewe Heer dat u vrede en kalmte oor ons bring. Amen. *


* Reply
* OUBAAS Forum


Search:
topics replies


* OUBAAS

Create Your Own App Store

topTop
groupsGroups
mainProdigits

Custom Search


Create Your Own App Store