WAP Groups
Download Free Apps & Games @ PHONEKY.com

OUBAAS - Topics
Create Your Own App Store

* OUBAAS > Topics


Subject: Emosionele pyn?
Replies: 3 Views: 3537

oubaas 15.12.08 - 12:32pm
Oorkom jou emosionele pyn - Outeur onbekend

Ons almal ervaar een of ander tyd emosionele pyn. Pyn wat veroorsaak word deur dinge soos: 1) Jy is onregverdig behandel. 2) Iemand het jou met geld ingeloop. 3) Jy het n verkeerde keuse gemaak. 4) Jy is aangerand. 5) Jy word verwerp. 6) Jy word gekritiseer. 7) Iemand beskuldig jou van iets wat jy nie gedoen het nie. 8) Jy kry nie die bevordering wat jy verdien het nie. 9 ) Jy verloor geld in n transaksie. 10) Iemand verbreek sy woord en ooreenkoms met jou. 11) Iemand wat jy vertrou laat jou in die steek. 12) Jy gee jou alles en die persoon draai sy rug op jou. 13) Iemand verraai jou wanneer jy net goeie bedoelings het.
Ek is seker dat jy uit eie ervaring sommer nog n hele klompie ander dinge kan opnoem wat emosionele pyn veroorsaak. *

oubaas 15.12.08 - 12:33pm
Het jy al seergekry in jou lewe? Gevoel asof iemand doelbewus n dolk in jou hart steek en dit nog n draai gee.
Maar ek en jy moet met ons emosionele pyn deel. Hoekom? Omrede emosionele pyn verhinder jou om voluit te leef. Dit laat jou kruppel en neem die vreugde uit die lewe. Emosionele pyn laat jou in n staat van wisselende emosies, sodat jy nie behoorlik kan fokus op ander belangrike aspekte nie. Dit maak jou bitter, depressief, gespanne. Jou kragte dreineer en jou binneste gaan stukkie vir stukkie dood. *

oubaas 15.12.08 - 12:34pm
Hoe word n mens gesond van emosionele pyn? Hier is twaalf maniere of wyses: 1) Kry vir jou n stil plekkie en wees alleen. di*nk oor jou pyn en hartseer. Hoekom is jy so hartseer? Wat is daar wat jy kan verander? Watter van jou hartseer kan jy laat gaan? Is daar pyn waaraan jy vasklou en nog nie gereed is om te los nie? 2) Skryf. Hou dagboek oor jou emosionele pyn. Dit is n goeie vorm van terapie om met jou seerkry te deel. Teken ook aan hoe jy besig is om te herstel en gesond te word. 3) Huil. Daar is seerkry, einas en diepste pyne wat moet uit. Moenie alles inhou nie dis die seer wat nie kan uit nie wat naderhand n sweer in jou binneste vorm. L in jou bed en huil hartverskeurend jou hart uit. Jy het reg daartoe. 4) Moenie voorgee dat dinge reg is wanneer dit nie reg is nie. Wees eerlik oor jou emosies en gevoelens. Te veel mense loop met maskers en keer die pyn na binne. Laat die seerkry los en uitkom. 5) Ontleed die situasie. Hoekom ervaar jy pyn? Wat is dit wat maak dat jy so ontsteld is? Hoekom reageer jy so intens op die dinge wat met jou gebeur? 6) Aanvaar die emosionele seerkry. Aanvaar die verraad. Dit is deel van die lewe. Seerkry gebeur. Jy is mens en daarom sal jy pyn en teleurstellings ervaar. 7) Praat met iemand. Vind die ondersteuning en onderskraging van familie en vriende. Sien n berader. *

oubaas 15.12.08 - 12:35pm
8) Kom uit die donker vertrekke. Kom uit na buite. Gaan stap n ver ent en voel die son op jou vel, kyk na die blou lug, luister na die voltjies in die bome, ruik die blomme en ervaar die goedheid van die lewe. 9) di*nk aan tye toe jou lewe vol van liefde was. Herleef die oomblikke van totale oorgawe aan die liefde. Wanneer het jy die gevoel ervaar van volle liefde speel die video in jou kop hoe gelukkig jy was en hoe vreugdevol jy elke oomblik van die liefde beleef het. Wanneer pyn in jou binneste inskiet, herlei doelbewus jou gedagtes daarvan weg en fokus op persone in jou lewe wat lief en goed is vir jou. Vul jou gedagtes met liefde. 10) Verander jou gedagtes. Moenie meer fikseer op die situasie en oorsake van die pyn nie. Kry jou gedagte skoon en vul dit met positiewe idees en en beelde. 11) Kry vir jou nuwe doelwitte in jou lewe. Sit die slegte agter jou en leef vorentoe vir nuwe drome en ideale. 12) Vergewe die wat teen jou oortree het. Vergewe jouself ook. 13) Reik uit na ander in emosionele pyn. Hierdeur ontvang jy genesing ook vir jou eie seerkry en hartseer. 14) Bid vir krag in jou tyd van beproewing en jy sal genade ontvang in die diepste donkerte van ellendes. Die genade en liefde van die Here is vir ons genoeg. As die Here vir ons is, wie kan teen ons wees? *


* Reply
* OUBAAS Forum


Search:
topics replies


* OUBAAS

Create Your Own App Store

topTop
groupsGroups
mainProdigits

Custom Search


Create Your Own App Store