WAP Groups
Download Free Apps & Games @ PHONEKY.com

OUBAAS - Topics
Create Your Own App Store

* OUBAAS > Topics


Subject: DEMONE
Replies: 28 Views: 5954

oubaas 7.02.08 - 08:23pm
Hoekom 'spook' dit soms? Daar is baie redes o.a. iemand boos wat 'n vloek op jou geplaas het of jy het self 'n vloek op iemand geplaas, en toe tref die noodlot so persoon. Hierdie omstrede onderwerp is al baie oor gestry en geargumenteer. Dit het my 3 keer oorgekom. Dus weet ek waarvan ek praat. Eintlik was dit 4 keer, maar ek kan nie se of die 4de geval waar was of nie, omdat ek die aand uit moedeloosheid baie gedrink het. *

oubaas 7.02.08 - 08:36pm
GEVAL EEN: Dis Mei maand 2003. My huwelik was gevaarlik op die afgrond. Ek het kort tevore my skoonsuster my huis belet omdat sy ook nog met my huwelik ingemeng het. Sy het my verwens en gese sy sal sorg dat ek en my vrou skei. Ek het die betrokke aand nie wel gevoel nie en het omstreeks 9uur kamertoe gegaan. Ek het skielik baie moeg en vaak gevoel. Die kamerlig was aan. Die volgende oomblikvoel ek iemand op my sit. Die duvet is ook oor my kop getrek. Iets wat ek gewoonlik nie doen nie omdat ek maklik warm kry en benoud raak. Ek probeer beweeg maar ta is onsettend sterk en druk my so vas dat ek nie eens 'n geluid kan uitkry nie. Ek kry my een arm losgewikkel en voel growwe hare en iets soos 'n seningrige arm. Iets ruik soos vrot vleis! Nou ja, ek was daardie tyd seker nie so gelowig as wat ek tans is nie, maar ek slaag daarin om te skreeu: In die Naam van Jesus gaan weg! En poef weg is als. Ek's los! *

oubaas 7.02.08 - 08:55pm
GEVAL TWEE: Dis Februarie 2004. Die aand omstreeks 10 uur gaan ek kamer toe. My vrou het nog tv gekyk en ons het woorde gehad oor haar ongure vriendin wat sy gehad het. Ek het 'n paar dae tevore 'n hewige uitval met die vrou gehad omdat sy kwansuise 'onskuldige' afsprake, wat niks met werk uit te waai gehad het nie, vir haar en my vrou gereel het met manlike kollegas. Anyway, ek het aan die slaap geraak. Ons kamer was op die boonste verdieping van 'n dupleks woonstel waarin ons op daardie stadium gebly het. Daar was 'n gewone venster in die kamer en buite was 'n baie dun lysie waarop ek met my groot pens beslis nie sal kan beweeg nie! Die volgende oomblik wat ek my kom kry, is ek buite die woonstel. Ek kom die gordyn net-net by met my korterige arms. My vrou le op die bed en bo-op haar sit hierdie swart gedaante. Ek kan nie sy gesig of gelaatstrekke sien nie. My keel is droog en toegetrek. Ek maak spoeg bymekaar en skree vir ta om te verkas, maar hy bly roerloos op haar sit. Hy het 'n los toga aan en dit lyk of hy haar wil verwurg. My keel swel verder toe. Ek probeer by die venster inkom, maar ek kan nie beweeg nie. Die volgende oomblik skree ek sonder moeite: In die naam van Jesus gaan weg! Toe ek tot verhaal kom sit ek op die bed met my voete op die grond. My vrou vra my wat raas ek soos 'n malmens? Ek vertel haar wat gebeur het. Sy glo my tot vandag toe nie! *

oubaas 7.02.08 - 09:07pm
GEVAL DRIE: Ek skrik vanoggend, Donderdag 7 Februarie 2008, omstreeks 02:00 wakker. Dit klink of iemand in my kamer is. die deur is gesluit en die sleutel is in die slot. Ek hoor weer 'n beweging. Vervaard vlieg ek orent en kyk rond in die donker en sien niks. Ek hoor duidelik iemand mompel iets met 'n growwe stem. My keel raak weer droog en ek probeer spoeg bymekaar maak. Skielik blaf my sus se hondjie digby my kamer venster. Weer hoor ek die gemompel. Dis duidelik dat dit in my kamer is. Die hond blaf weer. Dit raak stil. Ek vlieg op en sit die kamerlig aan. My langbroek wat oor 'n stoel gehang het le 'n ent van die stoel af op die grond . . . . . . Vanaand is ek reg vir hom. Hy kan maar kom! *

engelier 8.02.08 - 07:16pm
Sjoe. Jyt n paar lelike ondervindings gehad. Het nogni so iets beleef ni. Het wel al met geeste te doen gehad. Demone is gevaarlike terein. Mens weet ni altyd of dit beter is om liewer niks te weet of om tog maar kennis te dra ni. En is dit ni tog maar net geeste wat net kwaad is ni. Hulle kan mens erg opdraende gee. Danki dat alles in Gods naam moontlik is. *

oubaas 8.02.08 - 07:37pm
As hul di naam Jesus hoor verdwyn hul vinniger as wat hul gekom het. Demone het eintlik baie talente as ek dit so kan stel. Hul kan enige iets se vorm aanneem en jou dan treiter! Ja, hul kan selfs soos jou hondjie lyk! cute_dog.GIF *

engelier 9.02.08 - 09:26am
Dit klink darem of jy ni weer gister aand besoek gehad het ni. Dit moet n aardige gevoel wees. Sterkte. *

oubaas 9.02.08 - 02:54pm
Jy's reg! Ek laat hom nou onrustig slaap. Hehe. *

tjokelit 9.02.08 - 03:19pm
So iets het my nog ni oorgekom nie.dankie ek het as kind iets snaaks onder vind . *

existier 9.02.08 - 08:54pm
Ek het jare terug met n meisie op Upington uitgegaan wat op n plot gebly het.Een langnaweek was die hele familie daar en is daar sommer bedens op matraste op die stoep gemaak. Ek het op die punt geslaap en langs my was n vierkantige opening in die muur met n donker gat daaragter.Ek het nog gele en wonder wat die doel daarvan is toe daar n verskriklike vrees my beetpak.Ek het onmiddelik gevoel dat daar iets uit die hel in die gat was wat my wou bykom maar kon niks sien nie.Ek het my weggeskeur en pad gegee *

oubaas 10.02.08 - 05:16am
My ex vrou het eenkeer 'n huis in Sasolburg aan 'n jong paartjie verkoop. eendag wou hul weer na die huis gaan kyk. Hulle het bleek en vervaard teruggekom en gese hul soek 'n ander huis want daar is 'n dwergie in die huis! scared2.GIF *

engelier 10.02.08 - 06:28am
Ek wil my ni begeef op n gebied waarvan ek ni veel weet maar demone sal ni sommer op n Christen toesak ni. Dit gebeur net as jy gan krap waar jy ni moet. Demone is Godvresend. Hulle sal jo ni eers probeer aanvat as jo hart op di regte plek is ni. Ek wys geen vinger en val niemand aan. Dis net n mening. *

oubaas 10.02.08 - 11:00am
Jy is geregtig op jou mening engelier, maar ja, en nee, satan target juis die Christen vir sy sluwe dade. Dis hoekom ek in die aanhef se elkeen het sy eie mening, maar ek glo dat elke mens los tog maar soms 'n skrefie in die deur oop, en dis wanneer satan soos blits daar is om dit uit te buit. Almal van ons op hierdie aarde, selfs die pous, kry sulke oomblikke in hul lewens. Dit het al met 'n Pastoor gebeur wat ek baie goed ken, en glo my, daardie man borrel van die Heilige Gees. *

oubaas 10.02.08 - 11:46am
Ek haal aan wat n Predikant in een van sy preke gese het: **** . . . . Ons moenie altyd fokus op en wonder oor die bose en die slegte en die negatiewe nie. Ons moet fokus op die positiewe. God alleen is in beheer van ons lewens, kom ons lewe s dat ons Hom die kans kan gee om dit goed te doen! Vir n Christen is die bose nie veronderstel om te bestaan nie, maar dit neem soms besit van jou om verskeie redes - ****Dus het ek my siel deur Jesus Christus laat was en is die boosheid nou uit my verdryf. *

hobee 22.03.08 - 02:24am
Ja Oubaas my dogter dieselfde ding oor gekom na haar man se dood. Sy bel my een oggend in trane mammie ek het niks geslaap ni, iets soos n groot hond het op my bed geklim en op my gel vir die hele nag! Haar 2 klein kinderjies het by haar geslaap baie onrustig as sy na hul kant toe kyk het sy iets soos klein handjies na hul toe vat! Sy kon ni Jesus se naam uitkry ni. Die selfde dag is ek na haar huis met olie en gebed salf ek haar huis haar bed en kamer, maar vergeet van haar, die nag slp ek by haar. 4 uur die oggend ry ek ek is n Snr matrone en moet daai tyd werk, weer na 8 bel Zelda mammie jou kar het net weggetrek toe klim daai swaar hond weer op die bed, maar hy het net daar gel darm ni op my gel ni Terug die aand s die Here in my hart salf Zelda en die kinders met gebed en olie doen ek dit. Ek slp toe al n week by haar. Een oggend gaan ek toilet toe, kyk op na die deur kosyn deur die nag verskyn swart kruis daar, gaan kyk res van die huis ja die selfde daar! Behalwe in Zelda se kamer, ek was dit af en salf self oor want as ek salf skryf ek Jesus se nom wat n 8 is en maak geen kruis ni. Dit was die Saterdag die Sondag roep Zelda my na haar kamer en wil jy glo daar het n swart kruis op ha kosyn verskyn! PRYS JESUS EK KON HAAR HUIS SKOONMAAK, HY IS SO GETROU! *

oubaas 22.03.08 - 05:46am
Dis darem wonderlik om sulke dinge te hoor. Baie mense maak dit af as verbeelding. Haleluja. *

dewald23 14.05.08 - 04:59pm
Ek ken ook die gevoel van demone, spoke call it what you want. Laas jaar het het ek een aand vroeg gaan l. Ek het later die aand wakker geskrik gesukkel om asem te haal. Die volgende oomblik druk iets my hande bo my kop vas en kyk met o so rooi soos kole my straight in my o. Dit was nogal baie scary. Vandaar af het ek besluit om meer van die Here se woord te leer. *

oubaas 14.05.08 - 05:08pm
smile.GIF *

sasja 15.05.08 - 08:50am
Hi ek wil ook iets noem. Ja demone is vreeslike dinge maar omdat hulle Godsvresend is sal hulle ook dadelik pad gee as jy die Naam van Jesus noem. As enige een van julle ooit julle huis wil uitsalf gebruik rooi druiwesap. Dit verteenwoordig die bloed van Jesus wat skoon was. Olie seel net. Ek het my kamer lank terug gesalf met olie dat ek amper van my stoel afgegooi is toe ek my kamer venster se koesyne geslf het toe leer ek in die kerk waar ek nou is dat olie seel en druiwesap was skoon. Demone val Christene aan op hulle liggame en so aan maar hulle kan NIE BEHEER NEEM VAN HULLE LIGGAME NIE, want die Heilige Gees en 'n demoniese Gees kan nie in dieselfde liggaam wees nie. Die Bybel se mos jy kan nie 2 gode aanbid nie. Dis of die een pad of die ander pad. As jy nie Jesus kies nie wel dan het jy jou keuse vir die hel gemaak want daar is geen middel nie. Jy is of warm of koud. Daar is nie 'n lou nie. Ek het nog nooit 'n demoon in my lewe gesien het nie,maar ek het al baie aangevoel. Demone is nie spoke wat kwaad is nie. Daar bestaan nie spoke nie. As jy doodgaan is jy of in die hemel of in die hel jy sweef nie rond hier in die lug nie. Spoke wat se nou maar soos jou oom of tannie of ouma lyk is demone wat hulle gedaante aanneem soos oubaas gese het hulle kan van gedaantes verwissel.Ek wou maar ook net my menig lig *

oubaas 15.05.08 - 10:06am
right.GIF smile.GIF *

hobee 16.05.08 - 11:03pm
Dankie, ek het iets nuut geleer, het ni geweet van druiwesap nie? Dalk iets daaroor erens in die bybel? sal bly wees om te hoor. Groetnis. *

sasja 19.05.08 - 09:27am
Hi Hobee. Ek glo nie daar is iets oor druiwesap in die Bybel nie, maar onthou jy in Exodus waar hulle die bloed van die lam op die deur kosyne moes smeer om die laaste plaag van hulle af (Israeliete) te weer dis waar die druiwesap aan die venster en deur koesyne smeer vandaan kom. Ek sal gaan kyk of daar iets oor druiwesap is en laat weet. *

oubaas 19.05.08 - 09:36am
Jesaja 65:8 So spreek die HERE: Soos wanneer iemand mos vind in 'n tros druiwe en se: Verniel dit nie, want daar is 'n seen in -- *

hobee 19.05.08 - 12:20pm
Dankie jul ek het iets geleer! Dis waar wat jy s van die bloed op die deure, nooit te oud om te leer ni. En Oubaas ja dis so gaan gou lees. Groetnis da. *

oubaas 19.12.08 - 05:13pm
Geen nuwe ervarings nie?

Ook gepos by: http://oppie-koffie.co.uk OPPIE KOFFIE *

oubaas 22.02.10 - 05:50am
Niemand anders nie? *

faithfil 21.08.10 - 10:37pm
Oubaas my goeie vriend, wat is druiwesap in Engels? Daar is worde in Afrikaans wat ek voorstaan en daar is baie wat ek nie voorstaan nie. Ek hoop ek het reg geskryf, want ek probeer die taal skryf, lees, leer, en spreek. *

oubaas 21.08.10 - 11:24pm
Hehe no problem. Druiwesap is grape juice. *

oubaas 24.04.12 - 08:25am
Ook gepos by / Also posted at (click on pic) : http://oppie-koffie.co.uk rkvXXuTLZ07aJ9Qwqnfz.jpg


Terug na facebook / Back to facebook: http://m.facebook.com/home.php?sk=group_304095766282805&refid=7&_rdr443818248977222 *


* Reply
* OUBAAS Forum


Search:
topics replies


* OUBAAS

Create Your Own App Store

topTop
groupsGroups
mainProdigits

Custom Search


Create Your Own App Store