WAP Groups
Download Free Apps & Games @ PHONEKY.com

OUBAAS - Topics
Create Your Own App Store

* OUBAAS > Topics


Subject: PRAYER REQUESTS/GEBEDSVERSOEKE
Replies: 414 Views: 34493
6-<< 2-<

oubaas 7.01.13 - 06:49pm
I got a very lenghty request at facebook:
http://m.facebook.com/groups/304095766282805?view=permalink&id=590436870982025&refid=18&_ft_=src.24%3Asty.308%3Aactrs.1177475984%3Apub_time.1357580863%3Afbid.590436870982025%3As_obj.4%3As_edge.1%3As_prnt.11%3Aft_story_name.StreamStoryGroupMallPost%3Aobject_id.304095766282805%3Aobject_timeline_token_map.Array *

oubaas 16.01.13 - 04:11am
1) 'n Welsynsorganisasie te Pretoria het 'n DRINGENDE behoefte aan vervoer vir +- 13 behoeftige skoolkinders in die omgewing waar dit gele is. Daar is baie behoeftige inwoners in die omgewing en geen busdienste of alternatiewe ekonomiese openbare vervoer is beskikbaar in die area nie. Kan ons saamstem in gebed vir voorsienigheid en sen asb?
2) 'n Uitreikgroep se webwerf was tot nou geborg en die minimale jaarfooi is nou weer betaalbaar, maar die fondse ontbreek. Die uitreikgroep wil nou ook NWO registreer. Kan ons saamstem vir die Vader se sen hiervoor asb?
3) Ek, myself, moes (nadat ek verlede jaar Desember vaslik mislei is rakende 'n inkomste moontlikheid) inderhaas geld leen om Kersfees darem by my dogter, wat ek vir 2 jaar nie gesien het nie, te kon deurbring. Ek het ook 'n behoefte aan sekere basiese benodigdhede asook vir medikasie wat die staatskliniek nie uitreik nie. Kan ons asb. saamstem voor die Vader dat daar voorsienigheid sal wees. *

suang 20.01.13 - 08:05pm
Danki vir di gebed God is goed. *

oubaas 20.01.13 - 08:54pm
Dis 'n plesier! *

oubaas 1.02.13 - 08:17pm
GEBEDSVERSOEKE - 1 FEBRUARIE 2013.

Ek het paar spesiale versoeke en vra dat almal saam bid asb.
1) Ek het onlangs gevra vir gebede vir Vivien wat 'n baie groot operasie gehad het. Deur God se genade het Vivien so wonderbaarlik herstel dat haar finale afrondingsoperasie met 2 weke vervroeg is. Mag sy spoedig herstel en volkome genees.
2) 2 van my facebookvriende gaan tans deur 'n moeilike tyd, en mag ons Vader hul met Sy krag vul en versterk om daardeur te kom.
3) Ek myself het paar persoonlike behoeftes en vra dat almal sal saamstem vir voorsienigheid en sen daarop asb.
4) Baie van my vriende en/of hul families beleef kisisse en my gebed is dat God hul sal dra en intree waar nodig.
5) Dit is ook my wens om die kombuispersoneel en paar kindertjies van die mission waar ek bly op 'n uitstappie te neem op 24 Februarie bv Farmhouse, maar finansies is daar nie. Mag ons saamstem vir voorsienigheid asb?
Baie dankie.
Senwense.

02/02/2013 - Ek is gevra om 'n berekening te maak. Daar sal voorsiening gemaak moet word vir om en by 20 mense (10 volwassenes en 10 kinders). Verrigtinge begin om 11:00 en duur tot 17:00. Sal belangstellendes tag by die geleentheid, mits hul op my vriendelys is. Toegang: R50,00 per kop. Ete pryse: R50 - 70,00 per kop. Koeldranke: R12,00 per kop per rondte. (4 -5 behoort te doen in die hitte). Ek di*nk ook aan lekkergoed pakkies vir die kinders. Rofweg tussen R3500 en R4000 sal benodig word. Besprekings moet so gou doenlik gedoen word en moet die toegangsgeld dus betaal en bevestig word by bespreking. Volgende stap is om vervoer te kry. Ons behoort met die regte vertroue en geloof reg te kom. Enige verdere navrae kan aan my gerig word. Nogmaals baie dankie. http://m.facebook.com/events/198285336984366?refid=25 *

oubaas 2.02.13 - 05:31am
Lord I put my stomach illness in your hands. I trust and believe in total healing. In your holy Name I pray this. Amen. *

oubaas 4.02.13 - 08:09pm
Terugvoering:

Met 'n dankbare hart kan ek terugvoer:

1) Soos ons gesien het kan die beplande uitstappie dalk geborg word: http://m.facebook.com/1177475984/timeline/story?ut=2&hash=-4480400989465740881&wstart=1359705600&wend=1362124799&ustart&refid=17

2) Susan Moolman, 'n professionele haarkapster, opregte kind van God en 'n spesiale vriendin van my skryf:
My onlangse ontnugtering het veroorsaak dat ek drastiese besluite moes neem. Ons trek gedurende Februarie na n Wonderlike Groot huis toe, (wat sal beteken dat ek weer tuis sal kan werk) na Court st. langs Quagga Centre, Pretoria-Wes. Ek sal dus NIE by Bell Mia Salon gaan werk NIE. Skakel my gerus vir jou volgende afspraak, aangesien dit baie veilig is agter die hek wat ek moet oopmaak. Baie dankie vir almal wat saam met ons gebid het. Susan.

*PRYS DIE HERE!
*Mense wat Susan wil ondersteun kan haar kontakbesonderhede by my kry.
Blessings.
Gawie. *

sachin41 6.02.13 - 10:17am
I love a girl,nd she also love me but suddenly she leaved me.Pls pray 4 us,i want to meet her again And want to make her my life partner. . .plz plz plz pray 4 me *

oubaas 7.02.13 - 04:14am
We will pray for you friend. *

oubaas 7.02.13 - 07:13am
Johann Oelofse skryf: Is nog in hospitaal. Hulle het gister 2 stents in vernoude are om my hart gesit. Word dalk more ontslaan as dr beslui dit is nie nodig vir hartomlyning nie.

Ons bid Johann 'n spoedige herstel toe. *

oubaas 24.02.13 - 06:37pm
Anonieme versoek vanuit Limpopo.

'n Jong paartjie van Limpopo het finasieele druk. Die man se salaris kan nie al die gate toestop nie. As die huishuur, krag en kruideniersware betaal is, bly daar nie finansies oor om die kind se skoolgeld van R800p.m. te betaal nie. Die skool is self onder druk en kan nie verdere beurse toestaan nie.

Mense kom ons vat asb. hande saam en bid vir uitkoms vir hierdie gesin. *

oubaas 27.02.13 - 07:48pm
ANONIEM VAN WES-KAAP SKRYF:

Geliefde broeders en susters in Jesus Christus ek vra dat almal saambid asb. vir finansiele uitkoms vir ons asb.
My man het sy eie besigheid en die besigheid het 'n ernstige knou weg omdat 4 van sy beste klinte kort opmekaar gelikwideer het en nie verder hul verpligtinge kan nakom nie.
Dit laat ons in 'n lelike gemors. Daar is verbande, telefoonrekenings, water en ligte, ens wat betaal moet word. Verder moet daar kos op die tafel kom.
Bid asb. saam vir uitkoms en dat nuwe werk kan inkom.
God sen u. *

oubaas 9.03.13 - 11:55am
DRINGEND! GESIN HET NET 4 DAE BLYPLEK.

Hul het ook geen kos om te eet nie!

Bid asb saam met ons, en diegene wat kan help, help asb.

http://m.facebook.com/groups/304095766282805?view=permalink&id=627557310603314&refid=18&_ft_=src.24%3Asty.308%3Aactrs.1177475984%3Apub_time.1362829303%3Afbid.627557310603314%3As_obj.4%3As_edge.1%3As_prnt.11%3Aft_story_name.StreamStoryGroupMallPost%3Aobject_id.304095766282805%3Aobject_timeline_token_map.Array *

bruinkop 12.03.13 - 06:21pm
Oubaas gaan jou mis *

6-<< 2-<


* Reply
* OUBAAS Forum


Search:
topics replies


* OUBAAS

Create Your Own App Store

topTop
groupsGroups
mainProdigits

Custom Search


Create Your Own App Store