WAP Groups
Download Free Apps & Games @ PHONEKY.com

OUBAAS - Topics
Create Your Own App Store

* OUBAAS > Topics


Subject: PLAKKERS PLEIDOOI
Replies: 21 Views: 1735

oubaas 2.06.12 - 01:49pm
Lida, 'n voormalige inwoner van 'n sg. ' Wit Plakkerskamp', het gedurende 2011 toe sy nog daar gewoon het, haar hart oopgemaak.

Daar is mense wat di*nk hulle weet altyd meer, wat steeds leef in die ilusie dat daar sosiale klasse sou wees wat hulself verhef bo ander, 'n gelykgeskape medemens. Op grond daarvan, ly hulle aan die selfopgelegde outoriteit om ander te mag veroordeel, te mag minag as 'n mindere in elke aspek van menswees. *

oubaas 2.06.12 - 01:50pm
Maar vandag ag ek jou, verhewene, egter hoog genoeg om 'n stukkie van my hart met jou te deel. Of jy dit dan wil ter harte neem, of vertrap, dit sal slegs op jou gewete wees. *

oubaas 2.06.12 - 01:50pm
Dit is maklik om te di*nk jy is volmaak as jy nog nooit geseen was met ons Vader se leerskool in nederigheid nie. Dit is veral dan maklik om neer te sien op hulle wat jy glo, 'n swak klas mens is en te sleg is om na hulleself om te sien. Nog makliker is dit om di slegte mense te beskuldig dat hulle parasiteer op hardwerkende mense soos jy, wat die volmaaktheidsvirus iewers tydens jou verwronge opvoeding opgedoen het. *

oubaas 2.06.12 - 01:51pm
Om te erken jy is 'n snob, sal jy nie doen nie, want dit is polities verkeerd. Jy voel jouself egter genope om, soos dit 'n volbloed snob betaam, met passie neer te sien op die gemors wat in die plakkerskampe woon. Om die wreld te waarsku om tog nie met hulle soort te meng nie, want hulle sal 'n slegte invloed op jou he. En dan is daar nog al die vreeslike siektes wat jy ook by die gespuis kan optel! *

oubaas 2.06.12 - 01:51pm
Ons word deur die wat foutloos is, publiek beskryf as die lae klas. As 'n wit plakker wat die blanke bevolking se eer ernstig skend. Sou jy, o volmaakte mens, tog 'n tydjie wou afknyp om, gou gou, terwyl niemand sien jy lees dit nie, in hierdie stukkie van my hartsgoed te deel? *

oubaas 2.06.12 - 01:51pm
As jou antwoord ja is, verwelkom ek jou in my hart, in my plakkershut. Ek nooi jou vir 'n koffie in 'n netjies gewasde beker en dalkies nog 'n koekie of twee ook. Ek bied vir jou 'n gemaklike stoel aan, waar jy jou oor onbevooroordeeld kan oopmaak, vir die lewe van 'n plakker. Het jy al ingekom, sit jy al? *

oubaas 2.06.12 - 01:52pm
My man is verlede jaar (Augustus 2010) oorlede. Na sy afsterwe kom ek nie meer die baksteenhuis met elektrisiteit en warm water bekostig nie. My seun wat so talentvol is dat hy toelating vir die kursus Musical Theatre kon kry by die Technikon, moes noodgedwonge voortgaan met sy studies, want soos enige goeie ma, wil ek graag net die beste vir hom he. Ook omdat hy die talent ontvang het om dit suksesvol te kan afhandel en daarna lewens met sy talente te kan verryk. *

oubaas 2.06.12 - 01:53pm
As dit sou beteken dat ek my eie lewe afskaal sodat my seun se ideale kan waarword, was dit 'n geringe offer vir 'n ma om te doen. Groot soos net ons Hemelse Vader kan wees, voorsien Hy sedertdien in 'n studiebeurs vir my seun wat minstens die studiekostes dek. Maar die ander kostes, sowel as my eie dag tot dag behoeftes, moet steeds gedra word. *

oubaas 2.06.12 - 01:53pm
Ek het werk gekry by 'n maatskappy wat graag die maksimum uit hulle personeel tap maar die minimum salaris aanbied. Maar omdat my en my seun se ideale op die spel was, het ek dit geneem. *

oubaas 2.06.12 - 01:57pm
Ek getuig graag hoe God self voorsien het. Ek kon, as mens opgegee het. Ek kon ook by julle as volmaaktes in die voorstede, se deure aangeklop het met 'n pleidooi om my en my seun te help. Maar ek het nie. Ek het die heel beste opsie gekies. Ek het my Hemelse Vader gevra om in te gryp. En binne dae, het ek 'n woonplek in 'n Oord gekry waar ek 'n dak oor my kop kon kry teen 'n geringe bedrag. Is dit nie groot hoe Hy voorsien het nie? *

oubaas 2.06.12 - 01:57pm
Ek het vandag wel nie elektrisiteit nie. Ook nie warm water nie. Maar ek het 'n dak oor my kop en selfs lopende water! My seun gaan sonder bekommernis aan met sy studies en daar is selfs in sy uitgawes voorsien toe hy vror vanjaar genooi is by 'n vooraanstaande kunstefees sy Godgegewe talente te gaan tentoonstel. En steeds, word daar dag na dag vir my voorsien, soos net 'n getroue Pa kan. *

oubaas 2.06.12 - 01:58pm
Ek woon daar waar jy as vooraanstaande met vooroordele, nie graag gesien wil word nie. Ek eet uit 'n gemeenskaplike kombuis waar ek nie 'n keuse het wat vanaand op die spyskaarts is nie. Maar ek weet, ek is hier met 'n doel geplaas. Dalk is dit my opleiding om, sodra Pa my hieruit lig, met begrip te sal kan gaan en bedien daar, waar ek vroeer self nie sou wou gaan nie. En sodra ek my vakleerlingskap in menswees hier voltooi het, is ek jou een kwalifikasie voor, naamlik onbevooroordeeldheid. Dalk nog een, naamlik onvoorwaardelike respek vir elke ander medemens. *

oubaas 2.06.12 - 01:58pm
Dan is ek dalk op 'n plek waar ek weer sekere geriewe tot my beskikking mag h. Dan sal ek hierdie dinge wat ek nou as genade, en nie as gegewe aanvaar nie, met dankbaarheid aan my Vader gebruik. En soos dit 'n dankbare mens betaam, dit eerder as 'n voorreg sien om te mag h. Nadat ek hierdie vakleerlingskap voltooi het, sal ek bereid wees om jou te ondersteun die dag as jy geroep word om deur dieselfde opleidig te gaan. *

oubaas 2.06.12 - 01:59pm
Dan sal ek jou nie uitkryt as lae klas, as wit plakker, of as gemors nie, maar saam met jou in jou gehuggie, met dank die swart koffie drink wat jy my aanbied. En ek sal daar wees om te luister, as jy wil huil omdat die familie en jou ou vriende, jou dan verwerp as benede hulle. Dan sal ek saam met jou kan kniel voor ONS Vader, en met jou saamstem voor Hom dat Hy jou behoeftes sal raaksien. *

oubaas 2.06.12 - 01:59pm
Ek nooi jou uit, kom kuier eendag by die oord as ons aanbid. Kom ervaar hoe dieselfde Skepper wat jou en my gemaak het, hier ook Sy omgee laat manifesteer. Kom drink na die diens 'n koffietjie saam met ons, en kom luister met 'n oop gemoed, na elkeen se geskiedenis. En as jy enigsins 'n hart het, sal jy daarna jou eie hart oopmaak, vir 'n medemens wat nie so gesend is soos jy nie. *

oubaas 2.06.12 - 02:00pm
Alles in die heelal behoort aan ons Skepper. Hy kan enige oomblik, besluit om die aan wie Hy aardse skatte toevertrou het, te skommel. En dan is ons nie in die posisie om Hom te bevraagteken nie. Dan moet ons met lofprysing, Sy beskikking aanvaar, wat Hy sou dit nie toelaat as dit nie ten goede meegewerk het nie. *

oubaas 2.06.12 - 02:00pm
As jy na dese nog glo dat Jesus net vir die rykes, die welgesteldes gesterf het, di*nk weer. di*nk oor waar Hy gereis het, waar Hy gepredik het. di*nk oor wie die meeste van Sy wonderwerke ontvang het. *

oubaas 2.06.12 - 02:00pm
Maar selfs voordat jy kom inloer om jouself te vergewis van die ware feite, gaan eers op jou knie, bely jou vooroordele, en vra jou Vader om aan jou te openbaar, op welke wyse Hy jou wil gebruik om 'n veskil te maak aan di wat deur 'n moeilike tyd gaan, se lewens. Hulle wat dalk juis daar is, omdat hulle geroep is hulle praktiese eksamen in menswees, te slaag. *

oubaas 2.06.12 - 02:01pm
Ons is almal gelykgeskape medeskepsels, almal mense wat na Pa se Beeld geskape is. Gaan ons Sy Vaderhart verder breek, deur op mekaar neer te sien en mekaar te verag? Gaan ons by implikasie so arogant wees om vir Hom s, Hy was dom en het 'n fout gemaak deur ook die wat minder het, te skape? Of gaan ons almal saam voor Hom kniel, en Hom loof vir Sy groot Skeppingsplan en die uitkoms daarvan? *

oubaas 2.06.12 - 02:02pm
Mag Pa jou vandag nog seen met dit, wat jy dalk al lankal voor Hom afsmeek.

Alle eer aan God Drie Enig!
*

oubaas 2.06.12 - 02:09pm
Lees ook die onderwerp: GEBED EN GELOOF DOEN ALS: http://oubaas.wapgroups.com/forum/?page=topics2&tid=163274 *

oubaas 25.01.13 - 04:40pm
Lida is nog baie gelukkig by haar werk. Sy kan dalk binnekort bevordering kry! *


* Reply
* OUBAAS Forum


Search:
topics replies


* OUBAAS

Create Your Own App Store

topTop
groupsGroups
mainProdigits

Custom Search


Create Your Own App Store