WAP Groups
Download Free Apps & Games @ PHONEKY.com

OUBAAS - Topics
Create Your Own App Store

* OUBAAS > Topics


Subject: GEBED EN GELOOF DOEN ALS!
Replies: 8 Views: 1780

oubaas 12.05.12 - 02:48pm
Ek het vir Lida in 'n sg. 'Wit Plakkerskamp' ontmoet. Sy het 14 maande daar gewoon. Daar het 'n baie hegte vriendskap tussen ons ontstaan wat mens nie in woorde kan beskryf nie. Ons het mekaar deur dik en dun bygestaan en mekaar se verdriet verdra en mekaar gesteun waar nodig. Die skindertonge het uit die aard van die saak ook werk gekry.... Ons kon sommer 'n hele spul honde uit 'n bos kuier om 'n koppie koffie, waarvoor ons die water op 'n vuur, gasstofie of gelstofie gekook het, en het meestal met mekaar uit die Woord gedeel. Een ding wat ek van haar kan se is dat sy beskik oor vasberadenheid, wilkskrag, deursettingsvermoee en lojaliteit wat meeste van ons haar sal beny. Dit voel maar leeg sonder haar. Dis soos wanneer jou suster huis verlaat..... Gelukkig, vir my natuurlik, kon sy die drie hondjies nie saamneem nie en beland hul toe by my. Die baba het intussen die lewe onder narkose verlaat. Die kortpad na hierdie onderwerp is: http://oubaas.wapgroups.com/forum/?page=topics2&tid=163274 U kan my op facebook bereik by: http://www.facebook.com/oubaas55 *

oubaas 12.05.12 - 03:27pm
Hier volg Lida se verhaal in haar eie woorde: GEBED EN GELOOF DOEN ALLES

As jy my PLAKKERSPLEIDOOI http://lida.sukijaki.co.za/plak0001.htm gelees het, sal jy nou beter verstaan hoe dit
is as toe ek 'n plakker was en daar uitgekom het. .Hier sit ek vandag
in 'n goeie werk en bly nou in 'n woonstel wat ek kan bekosting. Dit het nie net in my skoot geval nie en ek was nie net gelukking nie of dit is my tyd om weer op my voete te kom nie. As jy so di*nk maak jy 'n groot fout. Die tyd wat ek as plakker gebly het, het ek een baie goeie les geleer uit PA se leerskool en dit was om altyd vir alles te BID, te GLO en DANKIE TE SE.

Daar was tye wat die storms baie erg hier in my binneste was. Behalwe dat ek my geliefde aan die dood afgestaan het en nie my lewensstyl kon bekosting nie, my kind wat moet studeer en daar nie geld is nie, is 'n plakkerskamp die laaste plek op aarde waar ek wou wees.... *

oubaas 12.05.12 - 03:37pm
God het my daar gesit vir een rede en een alleen. Dat ek moes terug gaan na na waar ek moet wees. Ek moes begin werk aan my verhouding met God. Dat alles wat ek het of besit is aan my as geleende geskenk gegee om na te kyk en as God dit wil neem mag Hy. Alles wat ons het is God sin nie ons sin nie. Dit is hard maar waar.

Ons het Dinsdagaande gekuier om die Woord by my plek en daar het ons gebid. Ek het daar besef dat God is getrou en Hy sal voorsien as ek in Sy wil wandel.

Ek moes die volgende stappe volg en dit het vir my gewerk:

1) Leer om my Bybel oop te maak en te lees elke oggend en aand.
2) Leer om te bid.
3) Vra vir God om my te vergewe.
4) Vra dat God my moet help om die mense wat my seer gemaak het te
vergewe.
5) Myself in gebed te vergewe oor dinge wat ek aan myself en ander gedoen het.
6) Bid in geloof.
7) Geloof he in gebed.
8) God dankie se vir alles.
9) Die belangrikste is om God eerste te sit in my lewe en in alles wat ek doen, moet ek met oorgawe en tot ERE van Hom doen. *

oubaas 12.05.12 - 03:43pm
10) Ek moes ook by God hoor wat is die werk wat ek vir Hom moet doen. (Nie die werk wat ek doen vir geld nie, maar my roepping. Elkeen het een).
11) Getuig aan almal wat God vir my doen.
Die tyd in die plakkerskamp het ek geleer om op God te vertrou. Ek kon nie al my hartseer en pyn self verwerk nie. Daar was 'n tyd wat ek wou selfmood pleeg want dinge was te veel. Ek het geweet dit is nie wat God se plan met my is nie. God is getrou en het wonderlike mense op my pad gesit om my te help met Sy leiding. Ons het baie saamgebid vir mekaar en vir ander ook. Daar was baie trane en jy sal nie glo hoe baie nie. Party keer was dit van baie seer en verlange ander
kere van blydskap. Ek het die wonderlikste mense ontmoet wat ek nooit sou ontmoet het as ek nog in my middelklas huis in die bo dorp gebly het nie. Ek het ook geleer moenie klippe gooi na ander nie. Want ek is
nie beter as enige iemand anders nie. *

oubaas 12.05.12 - 04:14pm
Die ergste was is dat mense buite die plakkerskamp meestal neergekyk op my as hulle hoor waar ek bly, om sonder krag te wees en 'n gemeendskaplike badkamer te gebruik. Weet jy hoe warm dit in 'n wendy in die sommer kan word? En jy vries amper in die winter en dan is daar ook nie warm water om te stort nie want die sonpanele het nie genoeg son in die winter gekry nie. Die kos is nie altyd van die beste nie. Ja baie mense di*nk dat 'n plakker is net die gemors en verdien niks. Plakkers is mos
mense wat te sleg is om te werk en steel en drink en gebruik dwelms....
Slegte nuus vir almal wat so dink. Dit is nou maar eenmaal so in ALLE gemeenskappe regoor die wereld. Daar is wel diegene wat wat hulself skuldig maak aan een of meer van die dinge soos om te sleg is om te werk en steel en drink en gebruik dwelms.
Daar is wel ook baie goeie mense wat nie een van die goed doen nie en graag wil werk om weer deur die mense aanvaar te word.... *

oubaas 12.05.12 - 04:20pm
Dinge soos ouderdom tel teen hulle en die omstandighede waaroner jy daar beland.
In die tyd wat ek daar gebly het, moes ek by my werk kom. Sonder vervoer is dit nie maklik nie. Ek het 1.5km geloop om by die naaste busstop te
kom, deur 'n veld die gras was langer as ek. As ek nie geld vir die bus het nie of die drywers besluit om nie te werk nie. Het ek 8km in die oggend en 8km in die aand gestap werk toe en terug, of dit reen of
sonskyn is. In die veld is baie mense aan geval en beroof. Weet jy God het my beskerm en nie een haar op my kop is aangeraak nie.

Weet jy hoe getrou is God en voorsien Hy op die regte tyd vir my wat ek nodig het?
Ek weet hoe dit voel om deur mense wat hulle self Christine noem verneder te word. Daar is gereeld vir ons vertel hoe sleg ons is.... *

oubaas 12.05.12 - 04:29pm
As iemand dit goed bedoel om 'n geskenkpakkie of klere, ens vir elkeen appart te gee, word hulle gou reggehelp. Dit moet ingegee word want al die
mense hier is sleg en sal dit verkoop vir drank en dwelms. Hulle is groot sondaars en gaan hel toe. Die mense daar word so sleg gemaak en verneder. Hulle is almal te sleg om te werk en te sleg vir dit en dat, soseer dat hulle nie meer kan glo in God se goedheid nie. Die mense het hulp nodig geestlike berading. Doen jou self 'n guns voor jy oordeel. Pak 'n paar goedjies in en gaan bly vir 2 maande daar.
Vat sommer verlof dat jy kan deel word van die volle dag in 'n wit
plakkers kamp. Jy moed daar slaap, eet en werk soos die mense daar. Ek belowe jou jy sal nie 'n week uithou nie. As jy dit gedoen het stuur vir my fotos en skryf oor jou persoonlike ondervinding. Daar is baie wat ek nog kan vertel....
*

oubaas 12.05.12 - 04:34pm
DIE BELANGRISTE IS GOD IS DIE BESTE LEERMEESTER EN LEES JOU BYBEL, BID, SE DANKIE EN GLO DAT GOD SAL VOOSIEN ELKE DAG. GETUIG VAN AL SY
WONDERWERKE IN JOU LEWE!!!!!!!!!!!

Lees gerus ook:
WIT PLAKKERS - Oordeel?

http://oubaas.wapgroups.com/topic.asp?tid=149871
*

oubaas 2.06.12 - 02:17pm
Lees ook: PLAKKERS PLEIDDOI: http://oubaas.wapgroups.com/forum/?page=topics2&tid=163908 *


* Reply
* OUBAAS Forum


Search:
topics replies


* OUBAAS

Create Your Own App Store

topTop
groupsGroups
mainProdigits

Custom Search


Create Your Own App Store