WAP Groups
Download Free Apps & Games @ PHONEKY.com

OUBAAS - Topics
Create Your Own App Store

* OUBAAS > Topics


Subject: PLEIDOOI
Replies: 5 Views: 1103

oubaas 8.05.12 - 06:34pm
BOEKMERK ASB HIERDIE ONDERWERP EN DEEL MET ANDERE *

oubaas 8.05.12 - 06:34pm
Johann en Ellen het Saterdag, 5 Mei 2012 vir my vuurmaakhout gebring vir warm water toe hou ons sommer vinnig vergadering. Mense ons is ernstig bekommerd. Daar is baie mense wat nie basiese voedsel het nie.

Nou wil ek vra: Is dit teveel gevra om +- R30 se goedere per maand te koop en te skenk? Wat kos 'n pakkie sigarette of 6 pack ons? Kan ons nie maar NET EEN rondte oorslaan en eerder iets koop om te saai nie? Soos reeds elders genoem het Johann reeds 40 gesinne om te ondersteun en groei die getalle by die dag.
Hy het eintlik slapelose nagte daaroor! Moenie dat afstand 'n 'gerieflike' verskoning wees nie.

Wat kan jy als met +- R30 koop?

Ek was Vrydag, 4 Mei 2012 by Shoprite Daspoort en gee pryse deur soos dit min of meer is. Ek het ongelukkig die strokie van die aankope wat ek gemaak het, reeds weggegooi. Ek het nie juis na rys, pasta, skoonmaakmiddels, 'toiletries' en ander kommoditeite gekyk nie. Dan moet ons nie komberse en wintersklere vergeet nie. *

oubaas 8.05.12 - 06:37pm
Geraamde pryse (sommiges wel reg):

1 x 2,5kg Hullets suiker: R23,99;
1 x 250g Koffie: R23,99;
1 x 1kg Cremora: R27,99;
1 x 500g Pot O Gold Melkpoeier: R29,99;
3 x 425g Ritebrand Sardyne @ R10,99 elk: R32,97.
12 x 85g Roka kits noedels @ R2,49 elk: R29,88;
4 x wit brode @ R6,99 elk: R27,96;
650g vermalste biefstuk @ R46,99 per kg: R30,54;
3 x dosyn eiers @ R9,49/dosyn: R28,47;
3 x Ritebrand Cup-B-Soup x R9,99/elk: R29,97.

Dus vir om en by R30 kan mens baie koop. di*nk dus volgende keer as u gaan inkopies doen aan 'n arm mens.

Uitgawes om 'n uitreik te bedryf is hoog. S jy reis 100 tot 150km per dag om te kollekteer praat jy van R4000 tot R6000 per maand. Perseel huur kan jou maklik tot R8000 uit die sak jaag. Selfoonuitgawes (oproepe, smse en data bondels) kan ook maklik R2000 tot R4000 per maand kos!

Indien u kontant wil bydrae kan u die bankbesonderhede kry by:
http://www.handevanhoop.co.za/help.htm

Gemagtigde Fondsinsamelingsnommer sal op navraag voorsien word. *

oubaas 8.05.12 - 06:50pm
Alternatiewe bydrae maniere:

1) Samel in onder familie, kollegas, vriende, bure, kerkgroepe, ens.

2) Gebruik Pick n Pay se afleweringsdiens.

(i) U kan aanlyn koop by http://www.pnponline.co.za/HelpCenter.aspx?TopicNumber=18

of

(ii) Bestel die goedere by u plaaslike Pick n Pay takbestuurder, betaal dit en gee die afleweringsbesonderhede aan hom.

Kontantbydraes:

(i) Betaal direk in, eenmalig of per debietorder, by die bank.

(ii) Maak gebruik van Capitec Bank en Shoprite/Checkers se Money Market. U ID dokument word benodig. Gee dan u voorletters en van asook die verwysingskode en pinkode en die bedrag inbetaal aan die ontvanger deur.

(iii) Doen 'n inbetaling by u plaaslike Pick n Pay Klientediens toonbank. U ID dokument word benodig. Gee dan u voorletters en van asook die verwysingskode, pinkode en die bedrag inbetaal aan die ontvanger deur.

(iv) Maak gebruik van Absa Bank se CashSend diens. Gee die verwysingskode, pinkode en die bedrag inbetaal aan die ontvanger deur. *

oubaas 8.05.12 - 06:56pm
OP WATTER ANDER MANIERE KAN U BYSTAND BIED?

1) U beskik oor, of weet dalk van 'n bakkie en/of sleepwa wat onproduktief is wat vir ons van groot waarde kan wees.

2) Soos reeds elders bekend gemaak het ons 'n geskikte eiendom nodig waarvan ons kan werk. Daar is beraders, skrifgeleerdes, ens. wat reg sit om mense te bedien.

3) Om die projek onmiddelik te laat afskop en funksioneer, het ons 2 of 3 wendy huise van 6x3 of 9x3 nodig. Dit sal dien as tydelike akkomodasie, stoorplek en kantore. Verskeie kleiner eenhede kan ook nuttig aangewend word.

KONTAK ONS:

Gawie: http://gawie.sukijaki.co.za

of

http://www.facebook.com/oubaas55

Johann:
http://www.handevanhoop.co.za

of

http://www.facebook.com/johann.oelofse

Mag die Here u seen! *

oubaas 4.06.12 - 04:59pm
Ek soek asb. DRINGEND mense wat bereid is om kos, komberse, toiletries en klere in te samel en aan ons te besorg vir 40 gesinne soos reeds genoen.

Die 40 gesinne woon in die Hercules omgewing, Danville, Elandspoort en Pretoria-Wes/Proklamasie Heuwel en ook Pretoria Noord. In totaal is daar +- 140 tot 160 mense wat bedien kan word, d.w.s. 70 tot 80 volwassenes - waarvan sommige enkelouers - en 70 tot 80 kinders). Dan is daar nog 'n kinderhuis met 15 kinders ook. Die getalle groei daagliks.

Baie dankie. Senwense.

Gawie
http://m.facebook.com/Oubaas55?v=info *


* Reply
* OUBAAS Forum


Search:
topics replies


* OUBAAS

Create Your Own App Store

topTop
groupsGroups
mainProdigits

Custom Search


Create Your Own App Store