WAP Groups
Download Free Apps & Games @ PHONEKY.com

OUBAAS - Topics
Create Your Own App Store

* OUBAAS > Topics


Subject: WIT PLAKKERS - Oordeel?
Replies: 98 Views: 12246
1-> 7->>

oubaas 24.06.11 - 01:35am
BOEKMERK HIERDIE BLADSY ASB. NEW!! Donkies vir Jesus / Donkeys for Jesus: Mobile: http://m.facebook.com/home.php?sk=group_304095766282805&view=info&refid=0 Web: http://www.facebook.com/home.php?sk=group_304095766282805&view=info&refid=0 For the latest news and updates please visit: http://oubaas.wapgroups.com/topic.asp?tid=155636 Get involved. Invite a few friends. / Raak betrokke. Nooi 'n paar vriende. *

oubaas 24.06.11 - 01:38am
Dit gaan nie hier oor dit spesifiek slegs WITTES is wat betrokke is nie. Dit gaan oor die kritiek wat oor die haweloses van die wit bevolkingsgroep uitgespreek word. Moet asb. ook nie van my 'n rassis probeer maak nie. Jy gaan dit nie regkry nie! *

oubaas 24.06.11 - 01:39am
EK IS 'N WIT PLAKKER EN WOON IN 'N WIT PLAKKERSKAMP EN EK IS TROTS DAAROP! Hoekom ons oordeel? *

oubaas 26.06.11 - 07:32am
Die vraag is nou hoekom is daar wit plakkers? Hoe beland mense in sulke situasies? Moet hul bejammer word of nie? Ens, ens, ens. *

oubaas 26.06.11 - 07:36am
Terloops, as jy met my wil kontak maak http://m.facebook.com/Oubaas55?refid=5 KRY MY HIER ASB. *

oubaas 26.06.11 - 07:39am
Kom ek gee jou 'n paar redes hoekom dit so is. Dalk sal jy beter verstaan en nie so vinnig die wit plakkers, luiaards, skuim (ala Riaan van Heerden van Jacaranda Radio), te sleg om te werk of selfs boemelaars soos sommige mense ons noem nie, beoordeel nie. *

oubaas 26.06.11 - 07:43am
Hou in gedagte dat baie van ons kinders van God is. Kyk ook na my onderwerp My life at a mission. http://oubaas.mobigroups.com/forum/?page=topics2&tid=130224 *

oubaas 26.06.11 - 07:49am
Die lewe loop soms onverwagse draaie met 'n mens. Die wereldekomie verswak skielik baie erg. Derduisende, of eerder miljoene mense, het nie meer 'n werk nie. In Suid Afrika ook. Dit raak almal. Wit, swart, bruin. ALMAL. *

oubaas 26.06.11 - 07:53am
In China alleen het 20 000 000 mense gedurende Januarie 2009 nie meer 'n werk gehad om na terug te keer nie. Ons hoor daagliks op radio en tv hoe sleg dit daar gaan. Wat word van al daardie mense? Wie sorg vir hulle? Waar woon hulle? *

oubaas 26.06.11 - 08:01am
'n Ou kletsvriendin van my woon in die VSA. Sy slaap snags in uiters gevaarlike toestande in 'n slaapsak in parke. Dit het eens voorspoedig met haar gegaan. Totdat sy begin siek word het. Sy is net so uitgewerp. Geen werk meer nie. Geen familie wat na haar omsien nie. Geen inkomste nie. Tog gaan slaap sy nie een aand honger nie. Hoekom? Omdat sy God ken en Hy sien om na haar. Sy het nog nooit in haar lewe gebedel nie. . . . Dankie Jesus! *

oubaas 26.06.11 - 09:35am
Dit is 1986. Kosie is 32 jaar oud. Getroud. Het 1 kind. Na 'n gerondploeter van die een werk na die ander werk vind Kosie uiteindelik 'n firma waar hy gemaklik kan inpas. Die maatskappy het 'n paar fabrieke en takke landswyd. Hy maak vinnig opgang. Die firma stuur hom vir verdere deeltydse studies. Kosie word tot 'n bestuurspos bevorder met voordele. Hy het 100 mense onder sy beheer en sy departement gaan van krag tot krag, maar in 1993 begin dinge lelik skeefloop. Die ekonomie tuimel. Firmas begin mense afle. Kosie is ook 'n slagoffer. Hy soek hard na werk maar vind niks. Hy het 'n huis om af te betaal en daar is nou 2 kinders om te versorg..... *

oubaas 26.06.11 - 09:45am
Kosie moet allerhande planne beraam om sy gesin te versorg. Hy kry wel later werk na sy kinders groot is en nadat hy geskei is tot 2009 toe die ekonomie weer tuimel. Kosie verloor als. Niemand kan of wil hom bystaan nie. Nou is hy skielik TE OUD om werk te kry. Adverteerders wat werk aanbied se aan hom dat hul tot 1 000 aansoeke kry! Einde ten laaste land hy in 'n sg. wit plakkerskamp..., *

oubaas 3.07.11 - 06:53pm
Nou ja, kom ons pak die bul by die horings en bespreek die probleem. Dalk kan ek iemand wat sleg di*nk van ons oorreed om eerder meer simpatiek op te tree... *

oubaas 3.07.11 - 06:55pm
Die ou spreukwoord se mos: Jy wat in n glashuis woon, moenie met klippe gooi nie. *

oubaas 3.07.11 - 06:56pm
Spreuke 16:20 Wie ag gee op die Woord, sal die goeie vind; en hy wat op die HERE vertrou is gelukkig.
*

oubaas 3.07.11 - 06:58pm
Mattheus 6:25, 26, 33 Daarom se ek vir julle: Moenie julle kwel oor julle lewe - wat julle sal eet en wat julle sal drink nie; of oor jul liggaam - wat julle sal aantrek nie. Is die lewe nie meer as die voedsel en die liggaam as die klere nie? Kyk na die voels van die Hemel; hulle saai nie en hulle maai nie en hulle bring nie bymekaar in skure nie, en tog voed julle hemelse Vader hulle. Is julle nie baie meer werd as hulle nie? Maar soek eers die koninkryk van God en al hierdie dinge sal vir julle bygevoeg word.
*

oubaas 3.07.11 - 06:59pm
Dit is Dinsdag 21 Junie 2011 omstreeks 19:00. Dis winter. Die termometer se dis 8c. Ek, Stof, Lida en Louise is byeen hier by die Betlehem Sentrum vir ons gebruiklike bybelstudie / biduur sessie. So voor die amptelike verrigtinge begin sit ons en skerts ligtelik oor n heerlike koppie koffie (wat nogal n skaars luuksheid is by ons) en die term WIT PLAKKERS kom ter sprake..... Al wat ons het om lig te gee is n halwe kers. Die koffiewater is op n amper lee gasstoof gekook. *

oubaas 3.07.11 - 07:02pm
Mattheus 7:1,2,3 (1953) Moenie oordeel nie, sodat julle nie geoordeel word nie. Want met die oordeel waarmee julle oordeel, sal julle geoordeel word; en die maat waarmee julle meet, sal weer vir julle gemeet word. En waarom sien jy die splinter in die oog van jou broeder, maar di balk in jou eie oog merk jy nie op nie? *

oubaas 3.07.11 - 07:03pm
Woensdag 22 Junie ongeveer 7:00. Die termometer se dis -4c in my wendy. My koffie is klaar. My suiker is klaar. My melkpoeier is lankal klaar. Daar is nog 2 pakkies sop in die kas, maar helaas my gel vir die gelstofie is ook klaar ..... *

oubaas 3.07.11 - 07:05pm
Ek is bietjie vervelig en gryp my selfoon wat genadiglik die vorige dag deur iemand gelaai is, en gelukkig het ek nog n bietjie lugtyd oor. Ek paan na Google en tik die soekterme Wit plakkers in, en ek kom op hierdie af: http://www.beeld.com/MyBeeld/Briewe/Wit-plakkers-Dis-mos-nou-stank-vir-drank-20110103
*

oubaas 3.07.11 - 07:06pm
Ek lees die brief wat geplaas is en by die 3de of 4de kommentaar hou ek op lees. WOW!!! Dis al wat ek kan se.... *

oubaas 3.07.11 - 07:07pm
Stoe, hoe kan ALLE sg wit plakkers deur die skryfster en haar gevolg onder een kam geskeer word? Nee rerig dis darem uiters gevoelloos..... Ek wil amper se WREED.....
*

oubaas 3.07.11 - 07:09pm
Wie of wat se skuld is dit dan dat EK plak? Nee weet jy wat? Ek het NIKS EN NIEMAND om te blameer nie. Nie eens drank nie, want ek drink nie! Ek aanvaar dit wat my oorgekom het, al is dit soms nie lekker nie. (Hoe proe vars brood nou weer???)
*

oubaas 3.07.11 - 07:10pm
Ja, in 2009 (toe meer as 1 000 000 Suid Afrikaners alleen hul werk verloor het) het ek nog n werk gehad. Elke maand n vaste inkomste. Ek het n kar op huurkoop gehad (wat die bank reeds teruggevat het), n kontrak selfoon (waarvoor Vodacom my nou wil dagvaar), n kredietkaart en wentelkrediet (waarvoor ek reeds gedagvaar is) en het redelik gemaklik gelewe (3x feesmale per dag. Drink koffie, tee en koeldrank na hartelus). *

oubaas 3.07.11 - 07:12pm
Nou is als WEG! Ek kry slegs 1 koppie koffie of tee per dag. Teetyd of aanmaak koeldrank of tee. Soms 2. 1 kers moet my 2 weke hou. Sjoe hoe lekker sal n sappige biefstuk nou afgaan terwyl ek hier in my weelderige, goed verwarmde en beligte vertrek op n luukse bank sit en tv (wat is dit?) kyk ....
*

oubaas 3.07.11 - 07:13pm
Liewe skryfster voordat jy, terwyl jy in jou lekker warm bed le met n koppie warm sop of koffie in jou hand en lekker beskuitjies of koekies daarby geniet, of dalk in jou studeerkamer voor jou nuwe rekenaar sit (dalk met n lekker stuk biltong byderhand) en mense beoordeel of veroordeel, wil ek jou ernstig vermaan: di*nk WEER!!! Dit kon JY gewees het! *

oubaas 3.07.11 - 07:14pm
Ek hoor hoeka op RSG dat SLEGS 8 000 000 mense uit n bevolking van ongeveer 50 000 000 in die formele sektor werk het en dat die ekonomie nog bitter lank gaan vat om te herstel. Nog mense verloor intussen hul werk (en besittings). Wie weet, dalk is ons binnekort bure ....
*

oubaas 3.07.11 - 07:18pm
Ja, bedelaars, dronkies en leegleers is daar beslis maar nie almal is so nie. . . . . Hul is orals. Nie net in die wit plakkerskampe nie. Baie van ons is wel Godsvresend. *

oubaas 3.07.11 - 07:36pm
Kom ons keer terug na die 8 000 000 werkende mense. Wie voed en klee en gee huisvesting aan die bevolking van ongeveer 50 000 000? Weet jy as ek so na die syfers kyk kom ek tot die slotsom dat elke werkende vir tenminste 6 mense moet sorg! Vir hoeveel sorg jy? Moenie vir my se jy kan dit NIE bekostig nie terwyl jy gereeld in die Spur sit en smul aan n biefstuk en die een glasie wyn na die ander drink nie. . . . di*nk WEER!! *

oubaas 3.07.11 - 07:37pm
Liewe briefskryfster en nagevolg, nou is dit my beurt om jul aan te vat en te veroordeel. Julle is almal kortsigtig, arrogant, selfsugtig, wanopgevoed, onmanierlik, gevoelloos, liefdeloos, hoogmoedig, snobisties, goddeloos, blah, blah.... Hoe hou jou man dit uit met jou? *

oubaas 3.07.11 - 07:38pm
NEE! Ek doen dit nie rerig nie! Hoekom nie? Jesus se vir my ek moet my naaste liefhe soos myself. Ek moet mense kan vergewe. Dus is jy/julle VERGEWE! *

oubaas 3.07.11 - 07:40pm
Kan ek jou dalk n vraag vra? Ek neem aan die genoemde klere is by n sg. missie, toevlugsoord of sentrum afgelaai. Hoekom het u nie dit by die bestuur afgelaai nie? Hoekom het u nie die voorval onder die bestuur se aandag gebring nie? Hier by ons word alle skenkings gekontroleer en verantwoordelik versprei. *

oubaas 3.07.11 - 07:41pm
Is daardie plek ooit geregistreer? *

oubaas 3.07.11 - 07:42pm
Dis Donderdag 23 Junie, 2011 en byna 09:30. So tussen die werkery di*nk ek aan alles waaroor ons Dinsdagaand gebid het. Louise is in beheer vand die voedsel voorrade stoor. Sy het terloops genoem dat die koffie en suiker voorraad baie min is.... Die volgende oomblik kom 2 Quantam bussies by die hek ingery. Een sleep selfs n sleepwaentjie. *

oubaas 3.07.11 - 07:43pm
Ek staan en wonder wat is die doel van die besoek want die een voertuig het dan net 2 persone en die ander een net 3 persone daarin. Ek, Basie en Berry word ontbied om te help aflaai. Albei voertuie en die sleepwa is vol voedsel en klere voorraad! *

oubaas 3.07.11 - 07:44pm
Wat kan mens verder se? DANKIE JESUS!! Nog 'n gebed is verhoor. *

oubaas 3.07.11 - 07:46pm
Terloops as jy hierdie lees http://oubaas.wapgroups.com/topic.asp?tid=130224 sal jy dalk uitvind wat GELOOF als vir jou kan doen. Dis hoekom nie honger of vuil onder n brug hoef te slaap en te vrees vir my lewe nie.... *

oubaas 3.07.11 - 07:48pm
EK IS DANKBAAR VIR WAT EK HET EN ONTVANG. Ons drink nie. Ons bedel of zula nie. Ons gebruik nie dagga of dwelms nie. Ons vertrou op God. Aan God al die EER. VREDE VIR JULLE.
*

oubaas 3.07.11 - 07:49pm
Hier is n brief uit n wit plakkerskamp wat jul ook kan lees: http://blogs.litnet.co.za/Antoinette2008/brief-uit-n-wit-plakkerskamp-buite-pretoria *

stof 7.07.11 - 07:40pm
Om te oordeel, is maklik as 'n mens baie seeninge het. Om te di*nk dat 'n basisvlak bestaan jou nie beskore is nie, is 'n groot fout. Dit kan enige-iemaND Die kritice wat so neus in die lug neersien op gelykgeskape medemense, het dus een lewensbelangrike les, nog nie geleer nie. *

oubaas 7.07.11 - 08:24pm
Amen my broer! Baie dankie vir al jou liefde en bystand. *

oubaas 12.07.11 - 12:49pm
Stofluis sit gisteraand met my en gesels en ek merk op hy is bietjie beswaard. Ek vra toe wat makeer? So by my koolkop iemand bespring hom soos 'n honger leeu. Hy is die vreeslikste dinge toegesnou wat hy nie verdien nie. Hy is onder andere toegesnou dat hy met die WIT PLAKKERS meng. Eish! *

oubaas 15.07.11 - 05:26pm
My een suster het my gister besoek en verversings saamgebring. Nou kan ek ook darem vir n tyd lank met n lekker koppie koffie in die bed klim. hurray.GIF Baie dankie my sus. Ek waardeer dit opreg. *

oubaas 17.07.11 - 03:42pm
Luke 6:36, 37, 38. Be merciful just as your Father is merciful. Do not judge, and you will not be judged. Forgive, and you will be forgiven. Give, and it will be given to you. . . . For with the measure you use, it will be measured to you. *

suang 27.07.11 - 07:12am
Hi oubaas dis nie n sonde om n n plakkers kamp te woon nie. Die jaar 2008 was hel ek wou opgee want als het te veel geword my skild ek moes die wonin wat ek huur en betaal leeg maak sonder rede. Bly by di Here en vertrou hom. *

suang 27.07.11 - 07:19am
Eks verskriklik jammer dat jy daar moes woon maar weet jy wat ons moet deur dit gaan vir ons geloof n hom. God beskerm die arm moedige daar is dae wat ek sonder kos gaan maar God is getrou. Gee my jou nommer en ek bel jou as jy wil. *

suang 27.07.11 - 07:46am
n die Naam van Jesus kom ek vanoggend Here ek vra u om elke kind van u wat hul bevind n n plakkers kamp dat U deur sal kom finansieel met kosware net wat hulle nodig het, selfs al is hulle nie n kind van U nie kom deur vir hulle asb. Ds koud en U ken elkeen se behoefte vandag help hulle ek smeek U vanoggend danki Here vir alles wat ons weg kom maar laat ons vas hou aan die evangelie van U n Jesus naam amen. Wees sterk my broeder. *

oubaas 27.07.11 - 11:57am
Amen en amen. Baie dankie suang. Moenie bekommerd wees nie, ek het vrede met my situasie want ek weet HY is in beheer en sorg vir my. Net jammer mense sien slegs die wit armoede in ons land raak. *

suang 27.07.11 - 11:42pm
Ag nee dit tref ons almal maak nie saak wie of wat jy is nie. Mense verbaas my met hul snaakse houdings vind hulle is te hoogmoedig en het van alles dis hoekom hulle neer kyk op ons. Alle sterkte vir oubaas en familie en die ander n di omgewing ek bid vir julle. Hugs ps.27 *

oubaas 29.07.11 - 06:15pm
Presies. Lees sommer die hele Spreuke 4 as jy wil. Daar is nie plek vir hoogmoediges in die lewe of hemel nie. Ek weet nie of jy Izak Burger se boek 'Die laaste 5 minute na die dood' al gelees het nie? Daarin bespreek hy dit breedvoerig. Baie dankie en selfde vir jou en jou familie. *

oubaas 29.07.11 - 06:50pm
Hier is n artikel aangaande mnr Zuma se besoeke aan die Betlehem Sentrum: http://www.rekord.co.za/story.aspx?lan=afr&sid=25966 *

1-> 7->>


* Reply
* OUBAAS Forum


Search:
topics replies


* OUBAAS

Create Your Own App Store

topTop
groupsGroups
mainProdigits

Custom Search


Create Your Own App Store