WAP Groups
Download Free Apps & Games @ PHONEKY.com

OUBAAS - Topics
Create Your Own App Store

* OUBAAS > Topics


Subject: MOEDER / MOEDERSDAG
Replies: 11 Views: 1275

oubaas 7.05.10 - 08:24pm
n Gedig deur D.J. Woes

Op hierdie spesiale dag aan u gedenk, Dank ek die Heer dat Hy Moeder vir my nog n jaar kon skenk. Die jare is dalk nie meer so jonk, Maar die wysheid, geduld en krag, Is iets wat ek net kan leer, van U kan vermag. *

oubaas 7.05.10 - 08:24pm
Dit voel soos gister, toe ek as kind, My gemoedsrus, vrede en sekuriteit in U arms kon vind. Jy was altyd daar, gereed om iets te doen, n Traan te droog of n eina reg te soen. *

oubaas 7.05.10 - 08:24pm
Ons is hier en U is daar, Meer as duisend kilometer uitmekaar. En die verlange word soms groot, Na die kalmte van n Moeder se skoot. *

oubaas 7.05.10 - 08:25pm
Vandag is ek getroud met kinders van my eie, En nou is Ouma daar vir kleinkinders se tye. En ek sien hoe hul ook die gemoedsrus vind, In Ouma se arms, dit is mos maar kind. *

oubaas 7.05.10 - 08:25pm
Ek bid U word vir nog n jaar gespaar, Sodat my kinders, soos ek, ook U liefde kan ervaar. En mag hulle ook die wysheid en vreugde vind, Nes ek, tot nou toe nog steeds U kind. *

oubaas 7.05.10 - 08:26pm
Dankie vir jare se geswoeg en gesweet, En ek wonder hoe U dit kon rekry, ja net u sal weet. Dankbaar is ek, dis nou als verby, Dat U ook na jare, sielsrus kan kry. *

oubaas 7.05.10 - 08:26pm
As kind het U my die beste geleer, Om my eie kinders ook die nodige liefde, respek en erkenning te gee. My belofte aan u is om dit te kan doen, Ja, ook n traan te droog of n eina reg te soen. *

oubaas 7.05.10 - 08:27pm
Geniet hierdie dag, ek hoop daars nog veel, Wat ons saam met Moeder en Ouma kan deel. Die genade van my Heer is met U vandag, Nog n jaar le voor, ek kan nie meer wag! *

oubaas 7.05.10 - 08:28pm
Bron: http://www.woes.co.za/gedigte/vertoon/1317_MoederMoedersdag.htm *

oubaas 7.05.10 - 08:31pm
Ook gepos by http://oppie-koffie.co.uk/ Oppie Koffie Terug na facebook / Back to facebook: http://m.facebook.com/groups/57350209896?refid=0&m_sess=1hGzi8-oQDws_Fa *

oubaas 9.05.10 - 08:53am
mothersday2.gif *

oubaas 9.05.10 - 08:54am
. moedersdag.jpg *


* Reply
* OUBAAS Forum


Search:
topics replies


* OUBAAS

Create Your Own App Store

topTop
groupsGroups
mainProdigits

Custom Search


Create Your Own App Store