WAP Groups
Download Free Apps & Games @ PHONEKY.com

OUBAAS - Topics
Create Your Own App Store

* OUBAAS > Topics


Subject: 7 Stappe om Positief te dink
Replies: 14 Views: 4819

oubaas 29.04.10 - 06:31pm
Het jy al moedeloos gevoel en lus gehad om tou op te gooi. Dan kom iemand by jou en se: Jy moet net positief wees. Ja, die meeste van ons het al so n boodskap van iemand gekry. *

oubaas 29.04.10 - 06:32pm
Miskien het jy ook al vir n vriend of familielid dieselfde gese: Moenie so negatief wees nie, bly net positief en dinge sal sommer beter gaan. *

oubaas 29.04.10 - 06:32pm
Ons kan ons sekerlik hiermee vereenselwig: di*nk positief!! Maar nou sal jy saamstem dis somtyds n cliche wat n mens gebruik sonder om na te di*nk oor hoe doen jy dit nou eintlik. Hoe moet n mens nou maak om positief te dink? Hier volg sewe stappe vir n positiewe uitkyk: *

oubaas 29.04.10 - 06:33pm
1) Leef dankbaarheid elke oomblik: Leer om elke oomblik te waardeer vir wat dit is. Byvoorbeeld jy gaan strand toe om n heerlike dag van sonskyn, blou see, sambrele en roomys te geniet. Daar aangekom begin die wind opkom en reen sif neer. Plaas van ongelukkig te voel, geniet eerder oomblik. Geniet die wind, sing in die reen, lag vir almal wat skarrel om n skuiling te vind. Leef die intensiteit van die oomblik. *

oubaas 29.04.10 - 06:33pm
Nog n voorbeeld: jy ry deur die Karoo en kry n papwiel. Eerder om dikbek te wees oor die ongerief wat jou tref, klim uit en gaan sit langs die pad. Luister na die groot stilte van die Karoo en trek jou vingers deur die warm sand. Wees bly jy vir so n besondere oomblik wat jy in die Karoo ervaar. Ek di*nk hier onwillekeurig aan die woorde van Henri Matisse: Daar is altyd blomme vir diegene wat dit graag wil sien. *

oubaas 29.04.10 - 06:34pm
2) Leef met humor: Jy moet elke dag kan lag. Lag is helend. Lag maak gesond. Leer om humor in situasies in te sien. Oefen om iets komies te se. Vind iets snaaks in n spanningvolle moment en se dit vir die mense rondom jou. Humor vereis kreatiwiteit. Dit maak jou denke oop. Soek humor in iets en dit dwing jou om anders te dink. Dit stimuleer jou brein, dit gee lewe. *

oubaas 29.04.10 - 06:34pm
3) Leef jou droom voluit: Instede daarvan om te kla oor wat gebeur het, skep vir jou vorentoe-kyk denke. Moenie vaskyk oor die onreg teenoor jou gedoen nie, maar fokus op jou toekoms. Dit neem slegs een positiewe gedagte om n kans te kry om te oorleef en te groei, om n hele krygsmag van negatiewe gedagtes te oorrompel. (Robert H. Schuller). *

oubaas 29.04.10 - 06:35pm
Moenie neul oor verspilte kanse nie, maar ywer aan geleenthede wat nou rondom jou is. Werk onverpoosd en kreatief aan jou drome en leef jou lewe met passie. *

oubaas 29.04.10 - 06:35pm
4) Kry jou plek agtermekaar en netjies: Kry jou huis, lessenaar, leefomgewing, en jou werksruimte georden en sorteer alles uit. Wanneer dinge op hul plek is, dis netjies en jou ruimte is sistematies en goed gerangskik, voel jy sommer beter. Dit skep n atmosfeer en energie om daadwerklik iets aan jou probleme te doen en om nuwe geleenthede beter te benut. *

oubaas 29.04.10 - 06:35pm
5) Omring jou met positiewe mense: Positiewe mense stimuleer jou tot positiewe denke, terwyl die negatiwiteit van mense afbrekend op jou gestel inwerk. Wanneer jy met mense praat en handel, moenie op swartgallige en negatiewe aspekte fokus nie. Waag eerder met humor en positiwiteit en jy sal sien hoe jy die regte tipe mense nader aan jou trek. *

oubaas 29.04.10 - 06:37pm
6) Vergeet vrees, voluit vorentoe: Vrees vir allerhande dinge maak jou depressief, gespanne, bang en negatief. Dit kan vrees wees vir finansieele probleme, n knorrige baas, n slegte situasie of n oorlading van werk. Maar weier om te fokus op vrees. an*liseer die vrees, deurdink oplossings en doen aksiestappe om die probleem te hanteer. Konsentreer dan met alles wat jy het op jou doelwitte en die pad waarlangs jy vorentoe stap. *

oubaas 29.04.10 - 06:38pm
Skuif twyfel en vrees gedagtes doelbewus uit, en gee al jou energie en denke vir jou drome. Neem een dag op n keer, en hanteer daardie dag voluit en positief. Swami Vivekananda het gese: Wanneer jy di*nk oor rampspoed, dan sal jy dit kry. Broei oor die dood en jy verhaas jou afsterwe. di*nk positief en meesterlik met vertroue en geloof, en die lewe word meer beskut, voller met aksie, ryker in prestasie en ondervinding. *

oubaas 29.04.10 - 06:38pm
7) Leef met geloof: Jy het hierdie een lewe. Glo in jouself en waag met alles wat jy het om voluit te lewe. Glo dat jy suksesvol sal wees. Glo dat jy jou probleme en struikelblokke in geleenthede sal omskep. Aanvaar die uitdagings van die lewe en bou jou toekoms. Om te glo in jouself is om n werklikheid te skep waarin jy met selfvertroue en positiwiteit kan funksioneer. En jy kan maar glo in jouself, want jy is mens geskape na die beeld van God. *

oubaas 29.04.10 - 06:39pm
Iemand eenkeer gese het: Wanneer die son opkom, kom dit op vir iedereen. Ja, die son kom elke oggend ook vir jou op, sodat jy met positiwiteit en vreugde kan leef en werk. *

oubaas 23.04.12 - 03:44pm
Ook gepos by http://oppie-koffie.co.uk/ Oppie Koffie


Terug na facebook / Back to facebook: http://m.facebook.com/groups/57350209896?refid=0&m_sess=1hGzi8-oQDws_Fa *


* Reply
* OUBAAS Forum


Search:
topics replies


* OUBAAS

Create Your Own App Store

topTop
groupsGroups
mainProdigits

Custom Search


Create Your Own App Store