WAP Groups
Download Free Apps & Games @ PHONEKY.com

OUBAAS - Topics
Create Your Own App Store

* OUBAAS > Topics


Subject: Die Verlore Seun
Replies: 61 Views: 3195
6-<< 2-<

oubaas 7.03.10 - 04:10pm
Bygevoeg: Die gelykenis van die verlore seun (Ou vertaling)

Lukas 15:1 32. 1 En al die tollenaars en sondaars het die gewoonte gehad om na Hom te kom en na Hom te luister. 2 En die Fariseers en die skrifgeleerdes het baie gemurmureer en gese: Hierdie man ontvang sondaars en eet saam met hulle. 3 Toe vertel Hy aan hulle hierdie gelykenis en se: 4 Watter man onder julle wat honderd skape het en een van hulle verloor, laat nie die nege en negentig in die woestyn staan en gaan agter die een aan wat verlore is totdat hy dit kry nie? *

oubaas 7.03.10 - 04:10pm
5 En as hy dit kry, sit hy dit met blydskap op sy skouers. 6 En as hy by die huis kom, roep hy sy vriende en bure bymekaar en s vir hulle: Wees saam met my bly, want ek het my skaap gekry wat verlore was. 7 Ek se vir julle dat daar net so blydskap sal wees in die hemel oor een sondaar wat hom bekeer, meer as oor nege en negentig regverdiges wat die bekering nie nodig het nie. *

oubaas 7.03.10 - 04:11pm
8 Of watter vrou wat tien pennings het, as sy een penning verloor, steek nie 'n lamp op en vee die huis uit en soek sorgvuldig totdat sy dit kry nie? 9 En as sy dit kry, roep sy haar vriendinne en buurvroue bymekaar en s: Wees saam met my bly, want ek het die penning gekry wat ek verloor het. 10 So, se Ek vir julle, is daar blydskap voor die engele van God oor een sondaar wat hom bekeer. *

oubaas 7.03.10 - 04:11pm
11 Hy het ook gese: 'n Man het twee seuns gehad. 12 En die jongste van hulle het vir sy vader gese: Vader, gee my die deel van die eiendom wat my toekom. En hy het die goed tussen hulle verdeel. 13 En nie baie dae daarna nie het die jongste seun alles bymekaargemaak en weggereis na 'n ver land. En daar het hy sy eiendom verkwis deur losbandig te lewe. 14 En toe hy alles deurgebring het, kom daar 'n swaar hongersnood in daardie land, en hy het begin gebrek ly. *

oubaas 7.03.10 - 04:12pm
15 Toe het hy hom by een van die burgers van daardie land gaan voeg. En die het hom in sy veld gestuur om varke op te pas. 16 En hy het verlang om sy maag te vul met die peule wat die varke eet, en niemand het dit aan hom gegee nie. 17 Maar hy het tot homself gekom en gese: Hoe baie huurlinge van my vader het oorvloed van brood, en ek vergaan van honger! 18 Ek sal opstaan en na my vader gaan, en ek sal vir hom se: Vader, ek het gesondig teen die hemel en voor u, *

oubaas 7.03.10 - 04:12pm
19 en ek is nie meer werd om u seun genoem te word nie; maak my soos een van u huurlinge. 20 En hy het opgestaan en na sy vader gegaan. En toe hy nog ver was, het sy vader hom gesien en innig jammer vir hom gevoel en gehardloop en hom omhels en hartlik gesoen. 21 En die seun se vir hom: Vader, ek het gesondig teen die hemel en voor u en ek is nie meer werd om u seun genoem te word nie. *

oubaas 7.03.10 - 04:12pm
22 Maar die vader se vir sy diensknegte: Bring die beste kleed en trek hom dit aan, en gee 'n ring vir sy hand en skoene vir sy voete. 23 En bring die vetgemaakte kalf en slag dit, en laat ons eet en vrolik wees. 24 Want hierdie seun van my was dood en het weer lewendig geword; en hy was verlore en is gevind. En hulle het begin vrolik word. 25 En sy oudste seun was in die veld, en terwyl hy al nader na die huis kom, hoor hy musiek en beurtsange. *

oubaas 7.03.10 - 04:13pm
26 En hy roep een van die diensknegte na hom toe en vra wat dit beteken. 27 Die se toe vir hom: U broer het gekom, en u vader het die vetgemaakte kalf geslag, omdat hy hom gesond teruggekry het. 28 En hy het kwaad geword en wou nie binnegaan nie. Sy vader gaan toe uit en smeek hom. 29 Maar hy antwoord en se vir sy vader: Kyk, ek dien u so baie jare en ek het nooit u gebod oortree nie, en vir my het u nooit 'n bokkie gegee, sodat ek saam met my vriende vrolik kon wees nie. *

oubaas 7.03.10 - 04:13pm
30 Maar toe hierdie seun van u kom, wat u goed met e deurgebring het, het u vir hom die vetgemaakte kalf geslag. 31 Toe se hy vir hom: Kind, jy is altyd by my, en al wat myne is, is joue. 32 Ons moet tog vrolik en bly wees, want hierdie broer van jou was dood en het weer lewendig geword, en hy was verlore en is gevind. *

oubaas 24.04.12 - 09:54am
Ook gepos by / Also posted at (click on pic) : http://oppie-koffie.co.uk rkvXXuTLZ07aJ9Qwqnfz.jpg


Terug na facebook / Back to facebook: http://m.facebook.com/home.php?sk=group_304095766282805&refid=7&_rdr443818248977222 *

6-<< 2-<


* Reply
* OUBAAS Forum


Search:
topics replies


* OUBAAS

Create Your Own App Store

topTop
groupsGroups
mainProdigits

Custom Search


Create Your Own App Store