WAP Groups
Download Free Apps & Games @ PHONEKY.com

OUBAAS - Topics
Create Your Own App Store

* OUBAAS > Topics


Subject: Die Verlore Seun
Replies: 61 Views: 3194
1-> 7->>

oubaas 7.03.10 - 03:49pm
Gelykenis van twee seuns of Die Verlore Seun

Geliefde gemeente van ons Here Jesus Christus, die gelykenis van ons teks is baie bekend en geliefd. Maar waaroor gaan dit in die gelykenis? Oor die verlore seun? Maar wie is die verlore seun? Die jongste of die oudste seun? Die teks praat letterlik van die jongste seun as verlore, maar dit voeg daar ook aan toe dat hy gevind is. Hy was dood en het weer lewend geword. Maar hoe loop dit af met die oudste seun? *

oubaas 7.03.10 - 03:49pm
Is hy ook gevind? Die teks se niks daarvan nie. Wat die teks wel laat sien is dat hy ook feitelik verlore is. As jy dit die gelykenis van die verlore seun wil noem, dan kan jy beter praat van die verlore seuns in die meervoud. *

oubaas 7.03.10 - 03:50pm
Maar is dit die belangrikste boodskap van die gelykenis? Die verhaal beklemtoon die liefde en deernis van die pa. God se liefde vir sondaars, dis waaroor dit gaan. En nie net sy liefde vir die jongste deugniet nie. As dit die geval was, dan sou die verhaal by vers 24 kon geeindig het. Op daardie punt was pa se deernis vir sy jongste seun duidelik genoeg. Maar Jesus kies om die gelykenis nie daar te stop nie, maar om ook te praat van die jaloesie en wrok van die selfvoldane oudste seun. *

oubaas 7.03.10 - 03:50pm
Die eerste afvallige seun; en Die tweede afvallige seun. *

oubaas 7.03.10 - 03:51pm
Dit was n gelukkige gesin. Dit het met die familie bedryf goed gegaan. Pa het ook twee seuns wat met die familiebedryf sal kan aangaan. Maar dan is daar n seun wat van die gesin losbreek. Hy eis sy deel van die boedel en vertrek na n ver land. *

oubaas 7.03.10 - 03:51pm
Gemeente, die drie gelykenisse van Lukas 15 - die gelykenis van die afgedwaalde skaap, van die verlore penning en van die verlore seuns hou elkeen verband met wat ons lees in Lukas 15 vers 1,2. Daar lees ons: En al die tollenaars en sondaars het die gewoonte gehad om na Hom te kom en na Hom te luister. En die Fariseers en die skrifgeleerdes het baie gemurmureer en gese: Hierdie man ontvang sondaars en eet saam met hulle. *

oubaas 7.03.10 - 03:52pm
Die klag van die Fariseers dat Jesus hom meng met tollenaars en sondaars was die aanleiding tot hierdie gelykenisse. Die gesin van ons gelykenis blyk God se volk te wees. Die jongste seun wat die gesin verlaat, wys na die tollenaars en sondaars. *

oubaas 7.03.10 - 03:52pm
Die jongste seun wys geen respek vir sy pa se liefde nie. Hy gaan na n ver land om sover moontlik van die waaksame oog van sy pa te wees. Hy wil lewe soos hy lus is, sonder beperkings. Hy wil heeltemal vry wees. *

oubaas 7.03.10 - 03:52pm
Hy gaan weg en verkwis al sy geld aan n losbandig lewe, n slaaf van die sonde. Alles moet sy selfsugtige begeertes bevredig. Waar loop dit op uit? In ellende. Hy het geluk gesoek maar ongelukkigheid, leegheid en armoede gevind. Om die sake nog erger te maak: God laat n groot hongersnood oor die land kom. God haal hom in. *

oubaas 7.03.10 - 03:53pm
Ten einde raad, terwyl hy byna doodgaan van die honger, aanvaar hy die mees vernederende en weersinwekkende werk wat n Jood kan bedink: om op onreine varke te pas. Ja, feitelik is die varke beter af as hy: hulle kry tenminste hul kos. *

oubaas 7.03.10 - 03:53pm
Broer, suster, seun, dogter sien jy God se spieel wat Hy voor jou hou? God het my en jou so n groot liefde gewys deur ons in sy gesin op te neem. di*nk aan julle doop. God het jou en my n liggaam en n verstand gegee, fisiese en verstandelike vermoens, krag en welvaart. Wat het ek en jy met al die gawes gedoen? Soek ek nie dikwels eers myself met al daardie gawes nie? Die bevrediging van my eie begeertes? *

oubaas 7.03.10 - 03:54pm
Dis dieselfde as afval van God, verloening van sy liefde en genade. God het my verstandelike en fisiese vermoens gegee sodat ek Hom daarmee sou verheerlik en so ware geluk in gemeenskap met Hom sou ervaar. Is dit wat ek ervaar? *

oubaas 7.03.10 - 03:54pm
Heeltemal ontnugter deur die ongelukkige gevolge van sy selfsugtige lewe besef die jongste seun hoe dwaas dit was om sy ouerlike huis te verlaat. Hy kom tot sy sinne. As dinge in die lewe nog goed gaan, di*nk jy nie maklik na oor jou gedrag nie. In die opgewondenheid van n besige en voorspoedige lewe vra jy nie so gou die ernstige vrae van die lewe nie. Die jongste seun kom net tot sy sinne wanneer hy in n verknorsing sit. *

oubaas 7.03.10 - 03:54pm
Dan di*nk hy weer aan sy pa en besluit hy om weer na sy pa terug te keer. Op vergelykbare manier roep ook ons hemelse Vader ons by tye tot n halt sodat ons Hom weer sou raaksien en na Hom sou terugkeer. Vergelyk n gesin met n seun wat as tiener die rug op die Here gedraai het. Toe die seun ongeveer 30 jare oud was het hy n ernstig ongeluk gehad. Daar is vir sy lewe gevrees. *

oubaas 7.03.10 - 03:55pm
Hy het daar deurheen gekom. God het hierdie ongeluk gebruik om hom weer tot die geloof en tot die kerk terug te bring. *

oubaas 7.03.10 - 03:55pm
Geliefdes, dit mag n maklike uitweg lyk vir n man wat in die verknorsing is om na sy pa terug te keer. Hierdie seun besef inderdaad nie ten volle pa se liefde nie wanneer hy besluit om terug te keer huis toe. Hy wil daar werk kry soos een van pa se gehuurde werkers. Hy wys dat hy nie verstaan dat pa nie verlang na gehuurde werkers of slawe nie. Pa kan sulke werkers by die markplein kry soveel as hy wil. Hy is ryk genoeg daarvoor. Pa wil egter sy seun terughe as seun. *

oubaas 7.03.10 - 03:55pm
Jy kan nie n seun koop of huur nie. Tussen n pa en n seun is daar n liefdesband en nie n werkkontrak nie. Tussen pa en seun is daar n tere toegeneentheid en nie n verhouding van baas en kneg nie. Pa wil sy kind as kind terughe. *

oubaas 7.03.10 - 03:56pm
Tegelyk is dit tog geweldig dat die jongste seun weer aan sy pa dink. Hy verval nie in moedeloosheid of selfbeklag nie. Dinge waarin jy maklik kan verval wanneer jy in so n hopelose situasie teregkom. Jy kan jouself jammer gaan kry en neerslagtig word. Of ook te trots wees om terug te keer. Hierdie jongste seun gaan egter terug na sy pa. *

oubaas 7.03.10 - 03:56pm
Let ook op sy berou. Hy betreur nie net sy nood wat n groot teenstelling vorm met die situasie van sy pa se werkers nie. Nee, bo al betreur hy sy diepe skuld. Hy kom met n onvoorwaardelike belydenis van skuld: Vader, ek het gesondig teen die hemel en voor u en ek is nie meer werd om u seun genoem te word nie. Terwyl hy voorheen in selfvoldane hoogmoed sy deel van die boedel geeis het, is hy nou bereid om nederig die laagste plek in te neem en sy pa se opdragte uit te voer. *

oubaas 7.03.10 - 03:57pm
Sy woorde is goed gekies. Hy redeneer nie: laat ek na my pa gaan, dan sal alles weer reg kom soos vroeer. Nee hy werk aan sy belydenis van skuld. Hoe is dit met jou? Gaan ons dikwels nie te maklik en te vinnig na die Vader toe om vir vergewing te vra. Gee ons aandag aan ons belydenis van skuld? *

oubaas 7.03.10 - 03:57pm
Ware berou is nodig en n onvoorwaardelike belydenis van sonde. As n verlore sondaar moet ek besef dat ek uit myself geen reg het om n plek by God te eis nie. As ek begeer om na God te gaan, terwyl ek vertrou op my eie waardigheid of terwyl ek verskonings soek, dan is ek nie gereed vir die vergewing nie. n Gebroke en verslae hart sal God egter nie verag nie ( Die offers van God is 'n gebroke gees; 'n gebroke en verslae hart sal U, o God, nie verag nie! Psalm 51:19). *

oubaas 7.03.10 - 03:57pm
Ons sien in die gelykenis vervolgens vader se liefde. Kyk wat hy doen sodra hy sy seun sien kom. Blykbaar het hy voortdurend op die uitkyk gestaan, het hy op sy seun gewag om terug te keer. Sy hart gaan uit na sy seun, ook terwyl sy seun nie meer aan hom di*nk nie. So was en is die Here God dikwels aktief met jou besig om jou na Hom te trek selfs voordat jy ware belangstelling toon. *

oubaas 7.03.10 - 03:58pm
Sodra die afvallige seun na sy pa terugkeer, hardloop pa na hom toe, omhels hom en soen hom. Hy doen dit selfs voordat sy seun iets vir hom kan se. Wanneer sy seun uiteindelik wel praat, laat pa hom nie eers uitpraat nie. Hy gee onmiddellik opdrag om die mooiste mantel te bring en dit vir hom aan te trek, om hom n ring vir sy vinger te bring en sandale vir sy voete. Die seun moet onmiddellik in sy posisie as seun herstel word. Elkeen moet hom weer as seun herken. *

oubaas 7.03.10 - 03:58pm
Broers en susters, wat di*nk julle van so n pa? Wat sy seun gedoen het was verskriklik. Hy het sy pa diep beledig, seergemaak. Pa se liefde verag. Tog aanvaar pa hom onmiddellik weer as sy seun en herstel hom in daardie posisie. Wat n pa! *

oubaas 7.03.10 - 03:58pm
Geliefdes, wanneer ek as sondaar na my hemelse Vader terugkeer, maak Hy geen verwyte en wys Hy my nie af nie. Hy verneder my nie, maar Hy verwelkom my as sy geliefde kind in Christus. Tollenaars en sondaars soos ek en jy van nature is, word vrygespreek. Ons word aangetrek met rein en blink fyn linne. Ons word gewas deur Christus se bloed en Gees. *

oubaas 7.03.10 - 03:59pm
Maar dis nog nie alles nie. Onmiddellik word n groot fees georganiseer. Die terugkeer van die seun moet gevier word. As dit vandag sou gebeur, sou mense kon redeneer: laat ons dit beskeie hou, nie te veel ophef daaroor maak nie, dit herinner ons net aan n swart bladsy in ons familie geskiedenis. Hierdie pa maak egter n groot fees daarvan. En hy noem openlik die rede vir die fees: Want hierdie seun van my was dood en het weer lewendig geword; en hy was verlore en is gevind. *

oubaas 7.03.10 - 03:59pm
Hy is nie verlee daarmee nie, bevrees oor wat mense sal se nie. Hy steek geen feite weg nie. Elkeen moet weet hoe diep sy seun geval het maar ook hoe hoog hy weer verhef is. Ja, hy was vir pa dood en verlore. Pa kon nie sy liefde en sorg aan hom kwyt nie. Maar nou hy terug is, kan pa weer in die praktyk n pa vir hom wees. Hy kan hom weer in sy liefde laat deel. *

oubaas 7.03.10 - 03:59pm
Broers en susters, jul hemelse Vader trek julle nie net wit klere aan nie. Hy berei ook n feesmaal vir julle, om te vier dat julle verlore was en weer gevind is. By elke Heilige Nagmaal is daar so n fees. Aan die tafel steek ons nie die werklikheid van ons sondes weg nie. Nee, ons verklaar daar aan die tafel dat ons in onsself dood is. Ons bely dat ons ons lewe buite onsself in Jesus Christus soek. *

oubaas 7.03.10 - 04:00pm
n Mens sou kan dink: Wie maak nou so? Wie gaan nou jouself en ander aan jou sonde en skuld herinner, aan jou diepe val. Ons bly liewer stil oor daardie soort dinge. Maar Vader wys dat daar n rede is om te vier. Jy was dood, maar jy het weer lewend geword. Jy was verlore maar jy is gevind. *

oubaas 7.03.10 - 04:00pm
Wat n liefdevolle vader. Hy is bly om sondaars, bekeerde sondaars aan sy tafel te ontvang. Ja, veral vir hulle het Hy daardie feestelike maaltyd georganiseer. Hy verwelkom elkeen van julle, maak nie saak hoe diep jy geval het nie. Hy verwelkom julle as broers en susters aan sy tafel. *

oubaas 7.03.10 - 04:01pm
Maar nou die tweede deel van die gelykenis. Nie elkeen wil aan die fees deelneem nie. Die oudste seun het ernstige besware. Dis die tweede gedagte: die tweede afvallige seun en vader se liefde vir hom. *

oubaas 7.03.10 - 04:01pm
In die houding van die oudste seun gee Jesus n duidelik prentjie van die houding van die Fariseers en skrifgeleerdes. Die Fariseers en skrifgeleerdes het beswaar gemaak dat Christus met tollenaars en sondaars omgegaan het. Hulle het hulle vererg dat Jesus so maklik daardie sondaars aanvaar het. Volgens die Fariseers verdien die sondaars dit om geignoreer te word. Jy moet hulle laat voel dat hulle apart staan vanwee hul sondige lewe. *

oubaas 7.03.10 - 04:01pm
Wanneer Jesus kontak met hulle soek, di*nk die Fariseers dat hy te ver gaan. Ja, hulle glo wel in die vergewing van sondes, maar dan moet n tollenaar bv eers wel n lang pad van berou volg. Vanwee hul strenge voorskrifte het hulle die bekering van sulke sondaars as amper onmoontlik beskou. Daarom kan hulle dit nie verdra dat Jesus sulke sondaars so maklik weer aanvaar nie. *

oubaas 7.03.10 - 04:02pm
n Mens herken hul moeite by die oudste seun. n Mens kan sy gevoelens enigsins verstaan: hoe kan jy so n afvallige seun wat sy vader se boedel verkwis het en so n wilde lewe gelei het, aanvaar? Jy moet hom tog eers goed laat voel dat dit baie erg is wat hy gedoen het? Laat hom eers maar wys dat hy dit werd is om seun te wees. *

oubaas 7.03.10 - 04:02pm
Jy het altyd jou bes gedoen, n ordentlike lewe gelei, allerlei wereldse vermaak vermy, jouself voortdurend dinge ontse, ook al was die dinge aantreklik, terwyl hierdie afvallige seun gedoen het wat hy lus was om te doen, n wilde lewe gelei het en sy sondige begeertes uitgeleef het. Moet so n broer dieselfde plek as jy aan die tafel ontvang? *

oubaas 7.03.10 - 04:02pm
Dis opvallend dat die pa ook na die oudste broer uitgaan om hom te nooi. Hy is nie partydig nie, maar behandel albei die seuns met dieselfde teerheid en liefde. Hy het volmaakte liefde vir die oudste broer sowel as vir die jongste. *

oubaas 7.03.10 - 04:03pm
So soek die Here God die bekering van sowel die tollenaars en sondaars as die Fariseers sodat hulle na Hom sou kom en sy liefde vir die verlorenes sou deel. Uit die woorde van die oudste seun is dit duidelik dat hy innerlik van sy pa afgeval het. Hy was ook verlore. Kyk, ek dien u so baie jare en ek het nooit u gebod oortree nie. *

oubaas 7.03.10 - 04:03pm
Die jongste seun het teruggekom met die versoek om as een van Vader se gehuurde werkers aanvaar te word. Nou wys die oudste seun dat hy sy posisie as dit van n gehuurde werker beskou het. Hy sien nie sy vader se liefde raak nie. Hy sien homself nie as n seun nie. Hy het uit pligsgevoel gewerk, nie spontaan uit liefde nie. *

oubaas 7.03.10 - 04:03pm
Dis hoe die Fariseers geleef het. Hulle het nie soos vrye seuns geleef nie, maar soos knegte. Hul gehoorsaamheid aan die wet van God was nie uit liefde en dank aan die Here nie, maar omdat hulle dit moes doen. Daarom het hulle hul loon opgeeis soos gehuurde werkers dit doen. *

oubaas 7.03.10 - 04:04pm
Die oudste seun wys ook sy eiedunk deur te se dat hy nooit Vader se gebod oortree het nie. Hy het homself beskou as n volmaakte seun, n voorbeeldige kind. Daarom kyk hy neer op sy broer wat die teendeel sou wees. In sy eie oe verdien hy alle eer terwyl sy broer geen enkele regte meer sou he op wat aan sy vader behoort nie. *

oubaas 7.03.10 - 04:04pm
. Die oudste seun is gebore en getoe in die kerk. Hy het nooit enige opvallende sondes gedoen nie. Hy het getrou gedoen wat van hom verwag is. Hy het so te se seker gekwalifiseer as ouderling of diaken in die kerk en staan hoog aangeskrewe. *

oubaas 7.03.10 - 04:05pm
Hy moet hom egter ook bekeer. Fariseers en skrifgeleerdes hoef hulle nie van presies dieselfde sondes as die tollenaars en sondaars te bekeer nie. Tog moet hulle hul bekeer van hul eie sondes, hul eiegeregtigheid. Hulle is ook vervreemd van Vader deur te di*nk dat hulle waardig is om ge-eer te word vanwee hul prestasies. *

oubaas 7.03.10 - 04:05pm
Broers en susters, die probleem van eie geregtigheid is dat dit byna onmoontlik lyk om dit in onsself te herken. Ons is bereid om byna enige sonde te bely behalwe die sonde van eiegeregtigheid. As ons egter die houding het, ontneem ons onsself die vreugde van die lewe uit die genade van God. Genade is immers net vir sondaars. *

oubaas 7.03.10 - 04:05pm
Wat se die pa vir sy oudste seun? Liefdevol herinner hy hom aan sy posisie as seun en erfgenaam. Kind, jy is altyd by my, en al wat myne is, is joune. Alles is tot jou beskikking. Waarom kla jy? Jy is tog goed af, jy is tog onvoorstelbaar ryk? En dit alles word vir jou gegee as erfgenaam, kosteloos. As ek nie hierdie bedryf sou gehad het nie, sou jy niks gehad het nie. Alles word jou kosteloos gegee. *

oubaas 7.03.10 - 04:06pm
Ja gemeente, dit is wat die Fariseer in die kerk, wat ek en jy, steeds weer moet leer om raak te sien, dat alles genade is. Jou vermoens, jou ywer, jou kennis is genadegawes van God. Genade is nie net nodig vir tollenaars en ander berugte sondaars nie. Elkeen van julle het genade nodig. Immers, selfs jou beste werke is met sonde bevlek. Genade is elke dag weer nodig. *

oubaas 7.03.10 - 04:06pm
En God wil die genade gee. Dan ontvang jy weer vreugde in jou daaglikse diens aan God. God wil jou in sy teenwoordigheid he, nie omdat jy uit jouself so goed is nie, maar vanwee sy liefde in Jesus Christus. *

oubaas 7.03.10 - 04:06pm
Dit maak jou nederig en dankbaar. Jy mag in Vader se huis verkeer, as erfgenaam van sy beloftes, ja, as erfgenaam van die wereld. *

oubaas 7.03.10 - 04:07pm
Sal die Fariseers dit sien? Die gelykenis het n oop einde. Ons word nie vertel of die oudste broer na die feesmaaltyd gegaan het en dit saam met die ander gevier het nie. Ons word ook nie vertel hoe die jongste broer daarna geleef het nie. *

oubaas 7.03.10 - 04:07pm
Christus doen n dringende beroep op elkeen om na Hom te gaan en om so te deel in sy hemelse vreugde. Daar wag n hartlike en heerlike ontvangs vir elke sondaar wat hom bekeer. Laat die Fariseer die tollenaar omhels as n medesondaar, wat uit genade gered is. As jy die vader liefhet, sal jy ook jou broer of suster liefhe, maak nie saak hoe sleg hy of sy was nie. *

oubaas 7.03.10 - 04:08pm
As broers en susters moet ons bly met mekaar wees omdat God ons aanvaar het as sy kinders in Christus Jesus. Aan die Heilige Nagmaal mag ons elke keer weer saam ons gemeenskaplike verlossingsfees vier. *

oubaas 7.03.10 - 04:09pm
Bron: http://www.vgk.org.za/preke/preekalleen.php?pid=1273 *

1-> 7->>


* Reply
* OUBAAS Forum


Search:
topics replies


* OUBAAS

Create Your Own App Store

topTop
groupsGroups
mainProdigits

Custom Search


Create Your Own App Store