WAP Groups
Download Free Apps & Games @ PHONEKY.com

OUBAAS - Topics
Create Your Own App Store

* OUBAAS > Topics


Subject: Profeet of pro-self?
Replies: 13 Views: 2024

oubaas 6.02.10 - 09:58am
Profeet of pro-self? - 2009/11/06 - Yf Veldhuizen

Met al die 'hedendaagse profete en profetesse' of persone met 'n profetiese roeping van wie 'n mens deesdae hoor het dit nodig geword om te besin of daar hedendaags nog profete optree en indien wel, hoe mens sou onderskei tussen ware en vals profete. Profete en profetesse het opgetree om die Woord van die Here te bring aan die volk toe daar nog geen Bybel was soos ons dit vandag ken nie. *

oubaas 6.02.10 - 09:59am
Maar nou het ons mos die Bybel en die Bybel, soos ons almal weet, is afgesluit, so waarom sou ons nog profete nodig he? Aan die anderkant, hier is 'n bietjie statistiek. Die woord 'apostels' kom ongeveer 85 keer in die NT voor Die woord 'profeet' ongeveer 150 keer, met ongeveer 20 verwysings na profete in NT tye. Die woord 'leeraar' kom ongeveer 125 keer in die NT voor Die woord 'evangelis' kom ongeveer 3 keer in die NT voor. *

oubaas 6.02.10 - 10:00am
Die woord 'pastoor' kom net een keer in die NT voor. http://www.jimfeeney.org/apostlesandprophets.html Dit moet tog sekerlik dui op die belangrike rol wat die profeet in die christelike geloofsgemeenskap speel? In Efesiers 4:11 word dit bevestig dat die profeteise vermoee een van die gawes is wat deur die Heilige Gees gegee word. En die gawes het nie ophou bestaan met die afsluiting van die NT nie. *

oubaas 6.02.10 - 10:00am
Hoe sou mens dus kon onderskei of 'n persoon profeet of pro-self is? Wat is die kenmerke van ware en vals profete? Dalk le 'n deel van die probleem in die defenisie van die woord self. 'n Profeet is nie noodwendig iemand wat die toekoms voorspel nie (soos algemeen aanvaar word nie) maar eerder iemand want namens 'n ander praat, meer spesifiek namens die Here praat 'n Vals profeet kan ook daarop roem dat hy of sy namens die Here praat. *

oubaas 6.02.10 - 10:01am
Dit bring ons terug by die vraag hoe om te onderskei of iemand namens die Here of namens homself praat. Die Bybel verskaf die riglyn. Deutrenomium 18:20-22 maak dit duidelik dat daar valse profete is maar dat die toets vir alle profete is of hulle profesiee waar word, al dan nie. Profetiese gesag is ondergeskik aan Bybelse gesag. Die profetiese woorde moet dus in ooreenstemming wees met Bybelse uitsprake. *

oubaas 6.02.10 - 10:01am
Indien dit teenstrydig met die Bybel is of die Bybel enigsins bevraagteken, is dit 'n vals profeet. Ware profete praat die waarheid al maak dit hulle ook ongewild. Valse profete praat wat mense graag wil hoor en mense wil net goeie dinge van huleself hoor of hoor dat hulle nie Christus as Verlosser hoef te erken nie of dat hulle geseend sal wees indien hulle 'n bydrae sal maak vir die werk van die Here. Maar die Here se seen in jou lewe is nie word nie bepaal deur jou bydraes nie. *

oubaas 6.02.10 - 10:01am
Die boek Jeremia maak dit ook baie duidelik wat die karaktertrekke van valse profete is: 1. Valse profete versterk die hande van die kwaaddoeners. Hulle praat ten gunste van en ondersteun diegene wat die boodskap van die Bybel verdraai, of wat deur hulle sg. christelike lewenswandel die Christus self oneer aandoen of wat immoraliteit in al sy veelvuldige vorms voorstaan. (Jeremia 23:13-14) 2. Valse profete praat pro-self. *

oubaas 6.02.10 - 10:02am
Hulle praat wat hulle di*nk mense wil hoor en terwille daarvan om hulle eie status te verbeter. (Jeremia 23:16b) Maar die Here ontken diesulkes wat hulle self so wil verhef (Jeremia 23:30) 3. Die inhoud van die valse profeet se boodskap is vol valse gerustellings (omdat dit anti-Skriftuurlik is) Sonde is 'n nietigheid, Buig maar die 10 gebooie so 'n bietjie solank jou goeie dade meer is as jou sonde, kan jy rustig wees Die Here is 'n God van liefde wat jou alles vergewe sodra jy dit gedoen het *

oubaas 6.02.10 - 10:02am
Hy verstaan jou swakhede en maak voorsiening daarvoor, so sondig maar. Of derglike woorde sodat jy vry en gelukkig van skuldgevoelens mag wees. (Jeremia 23:17) 4. Te dikwels hoor mens deesdae dat daar geprofeteer word dat ons in die eindtye leef of dat die wederkoms naby is terwyl Christus self gese het dat net Sy Vader in die hemel die tyd en die uur van die wederkoms weet (Mattheus 24:36) Dit is die woorde van vals profete, di*nk ek. *

oubaas 6.02.10 - 10:03am
So, het ons vandag nog werklik profete nodig as ons die Bybel het wat vir ons duidelik die wil van die Here uitspel en ons nie mislei met slim praatjies soos die valse profete nie? *

oubaas 6.02.10 - 10:03am
Bron: http://www.kerkbode.co.za/InternetBrieweLees.asp?type=2&ID=478&Start=60&Offset=15&number=12 *

reedric 14.02.10 - 11:27am
can u translate i cant understand nothng! *

oubaas 14.02.10 - 02:54pm
Sorry this is a bilingual group. *

oubaas 24.04.12 - 09:40am
Ook gepos by / Also posted at (click on pic) : http://oppie-koffie.co.uk rkvXXuTLZ07aJ9Qwqnfz.jpg


Terug na facebook / Back to facebook: http://m.facebook.com/home.php?sk=group_304095766282805&refid=7&_rdr443818248977222 *


* Reply
* OUBAAS Forum


Search:
topics replies


* OUBAAS

Create Your Own App Store

topTop
groupsGroups
mainProdigits

Custom Search


Create Your Own App Store